settings icon
share icon
Vraag

Het God ander mense geskep as toevoeging tot Adam en Eva?

Antwoord


Daar is geen aanduiding op enige plek in die Bybel dat God enige ander menslike wesens anders as Adam en Eva geskep het nie. In Gen 2 lees ons, “Dit dan is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is. Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie en daar was nog nie ‘n mens om die grond te bewerk nie. Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond natgemaak. Die Here God het toe die mens gevorm uit die stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ‘n lewende wese geword het. Die Here God het toe ‘n tuin in Eden in die ooste aangelê en die mens wat Hy gevorm het, daar laat woon. Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.”Toe het die Here God ‘n diep slaap oor die mens laat kom, sodat hy vas geslaap het. Die Here God neem toe ‘n ribbebeen uit die mens, vul die plek met vleis op en die ribbebeen wat Hy uit die mens geneem het, bou Hy om tot ‘n vrou en bring haar na die mens toe.(Gen 2:4-8, 18, 21-22).

Let wel dat die gedeelte sê, “Die Here God het die mens in die tuin laat woon…..” Nie die “mense” nie, net die een “mens.” Hierdie mens was alleen (v 18), dus het God ‘n vrou uit sy ribbebeen gemaak as ‘n maat vir hom. Al die ander menslike wesens het van hierdie twee oorspronklike mense afgestam.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het God ander mense geskep as toevoeging tot Adam en Eva?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries