settings icon
share icon
Vraag

Wat is God se wil?

Antwoord


Menslike wil is redelik voor die handliggend: wanneer ons wil hê dat iets moet gebeur, "begeer" ons dat dit moet plaasvind; wanneer ons iets doen, toon ons ons "wil" daarin. God se wil is 'n bietjie meer kompleks. Teoloë sien drie verskillende aspekte van God se wil in die Bybel: Sy soewereine (raadsbesluitende) wil, Sy geopenbaarde (deursigtige) wil en Sy beskikkende wil.

God se soewereine of "decretive" wil word ook Sy "verborge" wil genoem. Dit is "soewerein" in die sin van dat dit wys dat God die Soewereine regeerder van die heelal is, wat beskik oor alles wat gebeur. Dit is raadsbesluitnemend, omdat dit God se raadsbesluite insluit. Dit is verborge, omdat ons gewoonlik onbewus is van hierdie aspek van God se wil, totdat wat Hy besluit het, plaasvind. Daar is niks wat buite God se soewereine wil plaasvind nie, byvoorbeeld, dit was God se soewereine wil is dat Josef na Egipte toe geneem is, gekwyn het in Farao se tronk, die koning se drome uitgelê het en uiteindelik sy mense van droogte gered het en deur almal geëer is (Gen 37-50). Aanvanklik was Josef en sy broers heeltemal onkundig aangaande God se wil in hierdie sake, maar elke tree van die pad, was God se plan deursigtiger. Ef 1:11 beskryf God as die Een "wat alles laat gebeur volgens Sy raadsbesluit" en dit praat van God se soewereine wil. God Self verduidelik die feit van Sy soewereine wil in Jes 46:10, "Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek." Aangesien dat God soewerein is, kan Sy wil nooit omvergegooi word nie.

Die soewereine wil van God kan verdeel word in Sy doeltreffende wil en sy toelaatbare wil. Ons moet dit doen, aangesien God "nie toelaat " dat alles direk gebeur nie. Sommige van Sy bepalings is doeltreffend (dit beteken dat hulle direk bydra tot die vervulling van God se begeerte); sommige bepalings is toelaatbaar ( dit beteken dat hul indirek bydra tot die vervulling van God se begeerte). Aangesien God soewerein is, moet Hy ten minste all gebeure en voorvalle "toelaat". Binne God se wil, kies Hy om baie dinge te laat gebeur, waarin Hy geen plesier vind nie. Ons kyk weer na die voorbeeld van Josef en sy broers: God het deur middel van 'n handeling van Sy verborge wil die ontvoering en slawerny van Josef toegelaat. God se toelaatbare wil het die sondes van Josef se broers toegelaat, om sodoende ten opsgte van hul,'n groter voorspoed te laat beleef (Gen 50:20). Met elke mishandeling van Josef het God die mag gehad om in te gryp, maar Hy het die bose "toegelaat" in daardie beperkte sin, sodat Hy dit soewerein na Sy 'goeddunke" kon laat gebeur.

God se verborge of voorskriftelike wil is nie vir ons verborge nie. Hierdie deel van God se wil sluit in dit wat God gekies het om aan ons in die Bybel te openbaar – Sy voorskrifte word eenvoudig geformuleer. "Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is; Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God (Miga 6:8). Die voorskriftelike wil van God is wat God wil hê dat ons moet doen (of nie doen nie). Byvoorbeeld, ons weet dat dit God se wil is dat ons die waarheid in liefde praat (Ef 4:15), berou het en na God toe draai (Hand 3:19). Dit is God se geopenbaarde wil dat ons nie egbreuk moet pleeg (1 Kor 6:18) of dronk word nie (Ef 5:18). God se geopenbaarde wil is aanhoudend besig om "wysheid aan dié wat nog onervare is" te gee (Ps 19:8).

Ons is verplig om God se geopenbaarde of voorskriftelike wil te gehoorsaam; tog het ons die vermoë om ongehoorsaam te wees. God se geopenbaarde wil vir Adam en Eva was om vrug te dra en te vermenigvuldig, die tuin te onderhou, ondergeskik aan die aarde te wees en nie te eet van 'n sekere boom nie (Gen 1-2). Ongelukkig het hulle teen God se geopenbaarde wil gerebelleer (Gen 3). Die gevolge waaronder hul gely het, wys dat hul nie 'n verskoning vir hul sonde gehad het nie. Ons kan ook nie beweer dat ons sonde net eenvoudig God se soewereine wil volbring nie, asof dit ons van skuld bevry nie. Dit was God se wil dat Jesus moes ly en sterwe, maar diegene wat vir Sy dood verantwoordelik was, is steeds daarvoor toerekenbaar. (Mark 14:21).

God se beskikkende wil handel met Sy "gesindheid"; Sy beskikkende wil is wat Hom plesier gee of nie. Byvoorbeeld, God "wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom" (1 Tim 2:4). Dit is 'n uitdrukking van God se beskikking teenoor die verlorenes – Hy wil dat hulle gered word (sou Hy dit nie wou hê nie, dan sou Hy nie die Verlosser gestuur het nie). Alhoewel God se hartsbegeerte is dat almal gered word, word almal nie gered nie. Daar is dus 'n verskil tussen God se beskikkende wil en Sy soewereine wil.

Opsommenderwys behels God se wil drie aspekte: 1) God se soewereine wil is geopenbaar in Sy onveranderlike bepalings. Hy gee opdrag dat daar lig moet wees en daar was lig (Gen 1:3) – 'n voorbeeld van Sy doeltreffende bepaling. Hy het toegelaat dat Satan vir Job laat ly (Job 1:12) – 'n voorbeeld van Sy toelaatbare bepaling. 2) God se geopenbaarde wil is opgeneem in Sy voorskrifte wat aan ons gegee is om in heiligheid te wandel. Ons het die vermoë (maar nie die reg) om hierdie opdragte te verbreek. 3) God se beskikkende wil is Sy gesindheid. By tye laat God iets toe wat Hom geen plesier verskaf nie, soos die dood van 'n sondaar ( Eseg 33:11).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is God se wil?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries