settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor God se oordeel oor ons?

Antwoord


Daar is twee aparte oordele. Gelowiges word geoordeel by die regterstoel van Christus (Rom 14:10-12). Elke gelowige sal rekenskap van homself gee en die Here sal die besluite wat hy gemaak het, oordeel – insluitende daardie gewetensake. Hierdie oordeel bepaal nie redding nie, wat deur geloof alleenlik verkry word (Ef 2:8-9), maar dit is eerder die tyd wanneer gelowiges rekenskap van hul lewens in diens van Christus moet gee. Ons posisie in Christus is die “fondament” waarvan 1 Kor 3:11-15 praat. Dit waarmee ons op hierdie fondament kan bou, is “goud, silwer, edelstene” van goeie werke in Christus se Naam, gehoorsaamheid en om vrugte te dra – toegewyde geestelike diens tot eer van God en opbou van die kerk. Ons kan ook met “hout, gras of strooi” bou of waardelose, ligsinnige, vlak aktiwiteite met geen geestelike waarde nie. Die regterstoel van Christus sal dit openbaar.

Die “goud, silwer en edelstene” in gelowiges se lewens sal God se louteringsvuur oorleef (v 13) en gelowiges sal beloon word op die basis van daardie goeie werke – hoe getrou ons Christus gedien het (1 Kor 9:4-27), hoe goed ons die Groot Opdrag (Matt 28:18-20) gehoorsaam het, hoe ons die sonde steeds oorwin het (Rom 6:1-4), hoe goed ons ons tong beheer het (Jak 3:1-9), ens. Ons sal moet rekenskap gee vir ons optrede, of hulle werklik ‘n aanduiding van ons posisie in Christus was. Die vuur van God se oordeel sal die “hout, gras of strooi” van die woorde wat ons gepraat het en die dinge wat ons gedoen het, wat geen ewigheidswaarde het nie, heeltemal uitbrand. “Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee” (Rom 14:12).

Die tweede oordeel is dié van ongelowiges wat voor die “groot wit troon” sal verskyn (Openbaring 20:11-15). Hierdie oordeel bepaal ook nie redding nie. Elkeen voor die Groot Wit Troon is ‘n ongelowige wat Christus in sy/haar lewe verwerp het en is dus alreeds verdoem in die vuurpoel. Openbaring 20:12 sê dat ongelowiges “is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het.” Hulle wat Christus as Here en Verlosser verwerp het, sal geoordeel word, gebaseer op hul werke alleenlik en omdat die Bybel vir ons sê dat “’n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo” (Gal 2:16), hulle sal veroordeel word. Geen hoeveelheid goeie werke en die onderhouding van God se gebooie kan genoegsaam wees om sonde te versoen nie. Al hul gedagtes, woorde en handelinge sal geoordeel word volgens God se volmaakte standaard en grondige wense. Daar sal geen beloning vir hulle wees nie, net ewige veroordeling en straf.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor God se oordeel oor ons?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries