settings icon
share icon
Vraag

Is God regverdig?

Antwoord


Ongelukkig vir ons is God nie regverdig nie. Regverdigheid sou beteken dat elkeen presies ontvang wat hy/sy verdien. In baie mense se koppe is regverdigheid, om almal dieselfde te behandel. Indien God heeltemal regverdig was, sou ons almal die ewigheid in die hel spandeer het, om sodoende vir ons sondes te betaal. Dit is presies wat ons verdien. Ons het almal teen God gesondig (Rom 3:23) en daarom is die ewige dood ons verdienste (Rom 6:23). Indien ons kry wat ons verdien, sou ons in die ewige helse vuur beland het (Open 20:14-15). God is egter nie regverdig nie; Hy is genadig en goed en dus het Hy vir Jesus Christus gestuur om in ons plek aan die kruis te sterf en die straf wat ons verdien, te dra (2 Kor 5:21). Al wat ons moet doen, is om in Hom te glo en ons sal vir ewig gered word, vergewe en ons sal die ewige woning in die hemel ontvang (Joh 3:16).

Nogtans, ongeag God se liefdevolle genade, kan niemand op sy eie in Hom glo nie (Rom 3:10-18). God moet ons na Hom toe trek , sodat ons in Hom kan glo (Joh 6:44). God trek nie almal nie, maar slegs sekere mense wat Hy in Sy soewereiniteit kies (Rom 8:29-30; Ef 1:5,11). In ons oë is dit nie regverdig nie, omdat dit wil voorkom asof God nie alle mense op gelyke voet behandel nie. Tog hoef God niemand te kies nie. Weereens sou dit heeltemal regverdig wees vir almal om hel toe te gaan vir ewig. God se verlossing vir sommige is nie onregverdig teenoor hulle wat ongered bly nie, omdat hulle presies ontvang wat hulle verdien.

Diegene wat vir God gekies het, ontvang God se liefde en genade. Wanneer God ons harte na Hom toe trek en ons verstand oopmaak, het ons almal die geleentheid om te antwoord op die openbaring van die skepping (Ps 19:1-3), sowel as ons gewete wat God in ons geplaas het, te gebruik(Rom 2:15) en na God toe te draai. Diegene wat nie wil ontvang wat hulle werklik verdien nie, gebeur as gevolg van hulle verwerping van Hom. Hulle wat Hom verwerp, ontvang die regverdige straf (Joh 3:18,36). Hulle wat glo, ontvang baie meer en baie beter as wat hulle verdien. Niemand egter word gestraf buiten wat hy/sy verdien nie. Is God regverdig? Nee. Dankie tog, God is meer as regverdig! God is genadig, barmhartig en vergewensgesind – maar ook heilig, regverdig en billik.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is God regverdig?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries