settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek weet wanneer God vir my sê om iets te doen?

Antwoord


Bid, veral as jy onseker is wat God se wil vir jou lewe is. “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt” (Jak 1:5). “Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou” (Ps 37:7). As jy nie weet wat om te bid nie, kan jy altyd verse soos die volgende bid, “Laat my elke more U liefde ondervind; want in U stel ek my vertroue. Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig” (Ps 143:8) en “Laat U waarheid my lei en onderrig my daarin” (Ps 25:5).

Die primêre wyse hoe God aan ons ‘n opdrag gee, is deur Sy Woord. “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek” (2 Tim 3:16). As die Skrif iets van ons vra, is daar geen rede om te wonder of dit regtig God se wil vir ons lewe is nie. Hy gee so baie vir ons om, dat Hy alreeds ‘n eenvoudige en duidelike gidsboek vir die lewe gegee het – die Bybel. “U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad” (Ps 119:105). “Die Woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is” (Ps 19:8). “ Hoe kan ‘n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan U Woord” (Ps 119:9). Net so weerspreek God Homself nooit nie, dus sal Hy nooit vir jou iets vra wat in teenstelling met die Skrif is nie. Hy sal jou nooit vra om sonde te doen nie. Hy sal nooit vra dat jy iets moet doen wat Jesus Christus nie sou doen nie. Ons moet onsself verdiep in die Bybel, sodoende sal ons weet watter optrede aan God se standaarde voldoen. “Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan” (Jos 1:8).

Christene het ook die Heilige Gees om te onderskei wat God se wil vir hul lewens is of nie is nie. “Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei” (Joh 16:13). Soms sal die Heilige Gees ons gewete verontrus as ons ‘n verkeerde besluit neem of Hy sal ons kalmeer en bemoedig as ons mik na die regte besluit. Selfs as Hy nie inmeng op sulke waarneembare wyses nie, kan ons vertroue hê dat Hy altyd in beheer is. Soms sal God ‘n situasie verander, sonder dat ons selfs besef dat Hy opgetree het. “Die Here sal jou altyddeur lei” (Jes 58:11).

Indien God jou roep om ‘n stap in die geloof te neem, wees bemoedig deur Sy teenwoordigheid. “Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan” (Josua 1:9). En onthou, “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle” (1 Pet 5:7). “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is” (Spreuke 3:5-6).

Wat ons nie moet doen nie, is om stemme van God af te verwag nie. Daar is ‘n gevaarlike neiging vandag, waar mense soek om ‘n “woord van die Here” af te hoor, vreemd van wat Hy ons alreeds in die Bybel gegee het. “Die Here het vir my gesê…..” het die mantra geword van die ondervindingsgedrewe Christendom. Ongelukkig is dit so, dat wat Hy vir een persoon “vertel” weerspreek wat Hy vir ‘n ander “vertel” en hierdie ekstra-bybelse openbaringe het bewys om baie strydwekkend te wees, kerk na kerk uitmekaar te skeur as een persoon se ondervinding voorrang kry bo ‘n ander s’n. Dit ontaard in chaos en niemand baat daarby nie, behalwe Satan, wat daarvan hou om tweedrag tussen gelowiges te saai. Ons moet die apostel Paulus as voorbeeld neem. Ten spyte van die wonderwerkende ondervinding op die heilige berg, waar hy ervaar het hoe die verheerlikte Christus met Moses en Elia praat, het Petrus geweier om op daardie gebeurtenis staat te maak, deur te verklaar, “En dit het vir ons die boodskap van die profete nog meer bevestig. Hierdie boodskap is soos ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly, totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte” (2 Pet 1:18-19).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek weet wanneer God vir my sê om iets te doen?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries