settings icon
share icon
Vraag

Verhoor / beantwoord God die gebede van ‘n sondaar / ongelowige?

Antwoord


Johannes 9:31 verklaar, “En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en Sy wil doen, dié verhoor Hy.” Dit was ook al gesê dat “die enigste gebed wat God van ‘n sondaar verhoor is die gebed om verlossing.” As gevolg hiervan, glo sommige dat God nie die gebede van ‘n ongelowige verhoor en/of nooit sal beantwoord nie. Johannes 9:31 sê binne konteks egter, dat God nie wonderwerke deur ‘n ongelowige verrig nie. Een Johannes 5:14-15 sê vir ons dat God gebede beantwoord as dit gevra word volgens Sy wil. Hierdie beginsel is moontlik van toepassing op ongelowiges. As ‘n ongelowige in ‘n gebed van God vra wat volgens Sy wil is, is daar niks wat God verhoed om so ‘n gebed te beantwoord nie—volgens Sy wil.

Sommige Skrifgedeeltes beskryf waar God die gebede van ongelowiges verhoor en beantwoord. In die meeste van hierdie gevalle, was gebede betrokke. In een of twee gevalle, het God gereageer op ‘n uitroep uit die hart (dit word nie gesê of die uitroep aan God gerig was nie). In sommige van die gevalle, lyk dit of die gebed aan berou gekoppel is. Maar in ander gevalle was die gebed bloot vir ‘n aardse behoefte of seëning, en God het reageer uit mededoë of in antwoord op ‘n opregte soeke na geloof. Hier is sommige gedeeltes wat handel oor gebed deur ‘n ongelowige:

Die mense van Nineve het gebid dat Nineve gespaar mag word (Jona 3:5-10). God het hierdie gebed beantwoord en nie die stad Nineve vernietig soos Hy gedreig het nie.

God het Ismael se stem gehoor waar hy alleen in die woestyn gelos was (Genesis 21:14-19). God het Ismael nie alleen beskerm nie, maar buitengewoon geseën.

In 1 Konings 21:17-29, veral verse 27-29, het Agab gevas en gerou oor Elia se profesie omtrent sy nageslag. God het hierop gereageer deur die onheil nie in Agab se dae te laat plaasvind nie.

Die heidense vrou uit die Tirus en Sidon omgewing het gebid dat Jesus ‘n duiwel uit haar dogter moet uitdryf (Markus 7:24-30). Jesus het die duiwel uit die dogter verdryf.

Cornelius, die Romeinse hoofman oor honderd in Handelinge 10, was ‘n godvresende en vroom man, en het op die bevel van ‘n engel van God vir die apostel Petrus na sy huis laat kom. Handelinge 10:2 vertel vir ons Cornelius “was altyddeur in die gebed tot God.”

God maak wel beloftes wat op almal (gereddes en ongereddes) van toepassing is soos Jeremia 29:13 sê: “En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.” Dit was die geval met Cornelius in Handelinge 10:1-6. Maar daar is baie beloftes, wat binne die konteks van die Skrifgedeelte, vir Christene alleen is. Omdat Christene vir Jesus aanvaar het as die Verlosser, word hulle aangemoedig om vrymoedig tot die troon van genade te gaan vir hulp in tye van nood (Hebreërs 4:14-16). Ons word geleer dat wanneer ons vir enigiets vra volgens God se wil, Hy ons verhoor en vir ons gee wat ons vra (1 Johannes 5:14-15). Daar is baie ander beloftes vir Christene in verband met gebed (Mattheus 21:22; Johannes 14:13, 15:7). Dus, ja, daar is gevalle wanneer God nie die gebede van ‘n ongelowige verhoor nie. Terselfdertyd, in Sy barmhartigheid en genade, kan God ingryp in die lewens van ongelowiges in antwoord op hulle gebede.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Verhoor / beantwoord God die gebede van ‘n sondaar / ongelowige?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries