settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat God oneindig is?

Antwoord


Die oneindige natuur van God beteken eenvoudig dat God nie deur tyd en ruimte beperk word nie en dat Hy buite dit bestaan. "Oneindig" beteken "sonder beperkinge." As ons na God verwys as "oneindig", praat ons gewoonlik van Hom in terme van alwetend, almagtig, alomteenwoordig.

Alwetend beteken dat God alles weet of dat Hy onbeperkte kennis het. Sy oneindige kennis is wat Hom kwalifiseer as soewereine regeerder en regter oor alle dinge. God weet nie alleen alles wat sal gebeur nie, maar Hy weet ook alles wat moontlik kan gebeur. Niks is vir God 'n verrassing nie en niemand kan sonde vir Hom wegsteek nie. Daar is baie verse in die Bybel waar God hierdie aspek van Sy natuur openbaar. Een van die verse is 1 Joh 3:20: "….God is groter as ons gewete en Hy weet alles."

Almagtig beteken dat God oor alles mag het en dat Hy oor onbeperkte mag beskik. Om alle mag te besit, is belangrik, aangesien dit God se vermoë bevestig om Sy soewereine wil uit te voer. God is almagtig en het oneindige mag, niks kan Sy beslissende wil stop om te gebeur nie en niks kan Sy goddelike doelwitte stop of dwarsboom om in vervulling te gaan nie. Daar is baie verse in die Bybel waar God hierdie aspek van Sy natuur openbaar. Een so 'n vers is Ps 115:3: "En dit terwyl ons God in die hemel is! Alles wat Hy wil, doen Hy." Ook waar Hy Sy dissipels se vraag "Wie kan dan gered word?" in Matt 19:25 beantwoord " Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik" (vers 26).

Alomteenwoordig beteken dat God altyd teenwoordig is. Daar is geen plek waar jy kan gaan om van God se teenwoordigheid te ontsnap nie. God word nie beperk deur tyd of ruimte nie. Hy is oral op elke plek of tyd teenwoordig. God se oneindige teenwoordigheid is belangrik, omdat dit bevestig dat God ewig is. God het altyd bestaan en sal vir altyd bestaan. Voordat tyd begin het, was God daar. Voordat die wêreld of selfs materie geskep is, was God daar. Hy het geen begin of einde nie en daar was nooit 'n tyd dat Hy nie bestaan het nie en daar sal nooit 'n tyd wees wat Hy ophou bestaan nie. Weer is daar baie versies in die Bybel wat hierdie aspek van God se natuur aan ons openbaar en een daarvan is Ps 139:7-10: "Waarheen sou ek gaan om U Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan U teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei U hand my, hou U regterhand my vas."

Aangesien God oneindig is, is Hy ook transendent, wat eenvoudig beteken dat God buitengewoon ver bo die skepping is en ook groter as die skepping en onafhanklik daarvan is. Dit beteken dat God so oneindig verhewe en buitekant ons en ons vermoë is, dat ons dit uiters moeilik vind om volledig te verstaan. As Hy nie Homself geopenbaar het nie, sou ons nie weet of verstaan wat Hy werklik is nie. God Sy dank dat Hy ons nie onkundig oor Homself gelos het nie, maar Hy het Homself deur beide, openbaring (skepping en ons bewussyn) en spesiale openbaring (die geskrewe Woord van God, die Bybel en die lewende Woord van God, Jesus Christus) geopenbaar. Dus kan ons God ken en ons kan weet hoe om met Hom te versoen en hoe om volgens Sy wil te lewe. Ongeag die feit dat ons verganklik en tydelik is en God ewig, kan ons God ken en verstaan soos Hy Homself aan ons geopenbaar het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat God oneindig is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries