settings icon
share icon
Vraag

Wat is die verskillende name van God en wat beteken hulle?

Antwoord


Elkeen van die baie name van God beskryf 'n ander aspek van Sy karakter, bestaande uit baie fasette. Hier volg 'n paar van die meer bekende name van God in die Bybel:

EL, ELOAH: God "almagtig, sterk, allerhoogste" (Gen 7:1; Jes 9:6) – etimologies skyn dit asof El "almagtig" beteken, soos in "Ek het die mag om jou kwaad aan te doen" (Gen 31:29). El word geassosieer met ander kwaliteite soos integriteit (Num 23:19), jaloesie (Deut 5:9), en barmhartigheid (Neh 9:31), maar die stambetekenis van "almagtig" bly dieselfde.

ELOHIM: God "Skepper, almagtig en sterk" (Gen 17:7; Jer 31:33) – die meervoudsvorm van Eloah, wat die leerstelling van die Drie-eenheid bevat. Vanaf die eerste sin in die Bybel, is die oortreffende trap van die natuur van God se almag duidelik, waar God (Elohim) die wêreld laat ontstaan, deur dit aan te spreek. (Gen 1:1).

EL SHADDAI: "God Almagtig," "magtige God van Jakob" (Gen 49:24; Ps 132:2,5) – dit praat van God se hoogste almag oor alles.

ADONAI: "Here" (Gen 15:2; Rigters 6:15) – is gebruik in die plek van JAHWEH, wat deur die Jode beskou word as té heilig om deur sondige mense uitgespreek te word. In die Ou Testament word Jahweh meer dikwels gebruik in gevalle waar God met Sy mense onderhandel, terwyl Asonai meer gebruik word wanneer Hy met die Heidene onderhandel.

JHWH/JAHWEH/JEHOWA: "Here" (Deut 6:4; Dan 9:14) – streng gesproke die enigste ware naam vir God. In die Engelse Bybels word dit vertaal as "HERE" (alles hoofletters) om te onderskei van Adonai, "Lord". Die openbaarmaking van die naam is eerste aan Moses gegee "Ek is wat Ek is" (Eks 3:14). Hierdie naam spesifiseer 'n onmiddellikheid, 'n teenwoordigheid. Jahweh is teenwoordig, bereikbaar, naby aan hulle wat Hom aanroep om verlos te word (Ps 107:13), vergewensgesind (Ps 25:11) en gee leiding (Ps 31:3).

JAHWEH-JIREH: "Die Here voorsien" (Gen 22:14) – die naam wat deur Abraham gememoriseer is, toe God die ram voorsien het om in Isak se plek geoffer te word.

JAHWEH-RAPHA: "Ek, die Here wat julle gesond hou" (Eks 15:26) – "Ek is Jehova wat julle gesond hou" beide in liggaam en siel. In liggaam, deur te bewaar van en deur genesing van siektes en in siel, deur tekortkominge te vergewe.

JAHWEH-NISSI: "Die Here gee my die oorwinning" (Eks 17:15), waar "oorwinning" verstaan word as 'n verfrissingsplek.Hierdie naam vier die woestynoorwinning oor die Amalekiete in Eks 17.

JAHWEH-M'KADDESH: "Ek is die Here, Ek heilig julle aan My" (Lev 20:8; Eseg 37:28) – God maak dit duidelik dat Hy alleen, nie die wet nie, mense kan reinig en heilig maak.

JAWEH-SHALOM: "Die Here gee rus" (Rigters 6:24) – die naam wat deur Gideon aan die altaar wat hy gebou het, gegee is, nadat die Engel van die Here hom verseker het dat hy nie sal sterf soos hy gedink het, nadat Gideon Hom gesien het nie.

JAHWEH-ELOHIM: "Here God" (Gen 2:4; Ps 59:5) – 'n kombinasie van God se unieke naam, JHWH, en die Here van geslagte, toonaangewend dat Hy die Here van die Here is.

JAHWEH-TSIDKENU: "Die Here verskaf reg aan ons" (Jer 33:16) – Soos met JAHWEH-M'KADDESH, is dit God alleen wat die mens regverdig maak, alleen in die persoon van Sy Seun, Jesus Christus, wat vir ons sonde gekom het, "sodat ons deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees" (2 Kor 5:21).

JAHWEH-ROHI: "Die Here is my Herder" (Ps 23:1) – Nadat Dawid sy verhouding met sy skape as 'n herder verstaan het, het hy besef dat dit presies was hoe sy verhouding met God was en dus verklaar hy, "Jahweh-Rohi is my herder. Ek kom niks kort nie" (Ps 23:1).

JAHWEH-SHAMMAH: "Die Here is daar" (Eseg 48:35) – die naam is toegeskryf aan Jerusalem en die tempel daar en dit dui aan dat die "vertrekkende" heerlikheid van die Here (Eseg 8-11) teruggekeer het (Eseg 44:1-4).

JAHWEH-SABAOTH: "Die Here van die leërskare" (Jes 1:24; Ps 46:7) – "leërskare beteken "menigtes", beide van engele of mense. Hy is die Here van die hemelse leërskare en van die bewoners van die aarde, van Jode en Heidene, van ryk en arm, meester en slaaf. Die naam is beskrywend van die majesteit, almag en outoriteit van God en dit wys dat Hy by magte is om te doen wat Hy beplan om te doen.

EL ELYON: "Allerhoogste" (Deut 26:19) – afgelei van die Hebreeuse stam vir "gaan op" of "styg op", dus is die implikasie daarvan , iets wat die allerhoogste is. El Elyon verwys na verhoging en praat van die volkome reg tot heerser.

EL ROI: "U is 'n God wat my sien" (Gen 16:13) – die naam wat Hagar aan God toegedig het, alleen en desperaat in die woestyn nadat Sarai haar weggejaag het (Gen 16:1-14). Toe Hagar die Engel van die Here ontmoet het, het sy besef dat sy God self gesien het in 'n openbaring. Sy het ook besef dat El Roi haar in haar ellende gesien het en aan haar getuig het dat Hy God is wat lewe en alles sien.

EL-OLAM: "Ewige God" (Ps 90:1-3) – God se natuur is sonder begin of einde, vry van alle tydsbeperkinge en Hy bevat in Homself die ware oorsaak van tyd. "Van ewigheid tot ewigheid is U God."

EL-GIBHOR: "Almagtige God" (Jes 9:6) – die naam beskryf die Messias, Christus Jesus, in hierdie profetiese gedeelte van Jesaja. Soos 'n magtige en dapper krygsman sal die Messias, die Sterke God die vernietiging van God se vyande volvoer en heers met 'n ystersepter (Openbaring 19:15).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die verskillende name van God en wat beteken hulle?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries