settings icon
share icon
Vraag

Hoekom laat God Satan toe om ons aan te val?

Antwoord


Satan se aanvalle teen ons kom in verskeie vorme: 1) Hy gebruik die goddelose wêreld (wat hy beheer, 1 Joh 5:19) om vleeslike luste binne ons wakker te maak, om dan te sondig. 2) Hy gebruik die ongelowige wêreld om ons te verlei met wêreldse “wysheid” om God se waarheid te weerstaan. 3) Hy gebruik valse Christene om te probeer om ons te mislei in ‘n valse evangelie, gesentreer rondom ‘n valse Jesus. 4) Soms teister hy ons fisies of ons geliefdes met siekte, misdaad, tragedie of vervolging. Wetende dat God die soewereine Regeerder van die heelal is, vra ons uit ons menslike natuur, waarom laat God toe dat Satan ons op hierdie wyses aanval?

Volgens die Bybel laat God ‘n sekere mate van vryheid aan Satan oor (sien Job 1:12), maar daardie vryheid word altyd beperk. Satan kan nie alles doen wat hy begeer nie. Satan kies om God se kinders aan te val (sien 1 Pet 5:8) en sy plan is altyd boos; Satan is ‘n moordenaar (Joh 8:44). Daarenteen is God se plan om sekere sataniese aanvalle toe te laat, altyd goed; God is lief vir Sy kinders (1 Joh 4:16). Josef het baie sataniese aanvalle in sy lewe in die gesig gestaar, maar aan die einde kon hy met oortuiging praat van twee opponerende doelwitte agter dieselfde gebeure: “Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen” (Gen 50:20).

Ons kan God nie blameer vir wat Satan doen nie. Ons kwesbaarheid ten opsigte van ‘n sataniese aanval, het begin met Adam se keuse om Satan se leuen-voorstelle te volg in die tuin van Eden. Toe Satan Job aangeval het deur sy familie , gesondheid en rykdom te verloor, het Job nie vir God blameer nie: Job 1:21-22, “Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here. Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie.”

Gelowiges beleef die aanvalle van Satan, maar hulle kan vertrou op die waarheid in Rom 8:28, “Ons weet dat God alles te goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens Sy besluit geroep is.” Dus is die konklusie dat ons “goeie” en “slegte” dinge sal beleef, maar “alles” sal meewerk en eindig soos God vir ons beplan. Dus selfs Satan se aanvalle, alhoewel dit boos is, kan en sal uiteindelik op die “goeie” uitloop, soos God dit gebruik om ons gelykvormig te maak aan Christus, Sy Seun (sien Rom 8:29). Aanvalle van Satan, saam met alle ander beproewings, kan veroorsaak dat gelowiges God meer liefkry en Satan meer verwerp, meer geduld beoefen en sterker groei in ons geloof op baie ander maniere. Loof God vir Sy soewereine beskerming. Dank Hom vir Sy plan om alles – selfs Satan se aanvalle – “ten goede te laat meewerk” vir jou!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom laat God Satan toe om ons aan te val?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries