settings icon
share icon
Vraag

Het enigiemand ooit vir God gesien?

Antwoord


Die Bybel vertel ons dat niemand ooit vir God gesien het nie (Johannes 1:18) behalwe die Here Jesus Christus. In Exodus 33:20, verklaar God, “Jy kan My aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.” Hierdie Skrifgedeeltes lyk asof dit ander Skrifgedeeltes weerspreek waar beskryf word dat verskeie mens God “gesien” het. By voorbeeld, Exodus 33:11 beskryf waar die HERE met Moses van “aangesig tot aangesig” spreek. Hoe kon Moses van “aangesig tot aangesig” met God spreek as niemand God se aangesig kan aanskou en bly lewe nie? In hierdie geval is die frase “aangesig tot aangesig” ‘n beeldspraak om aan te dui dat hulle in intieme gemeenskap verkeer het. God en Moses het met mekaar gepraat soos twee mense wat ‘n baie persoonlike gesprek gevoer het. In Exodus 33:18 vra Moses vir God, “Laat my tog U heerlikheid sien.” Maar dan lees ons verder in Exodus 33:19-23 hoe God vir Moses beskerm sodat hy God slegs van agteraf kan sien.

In Genesis 32:30 het Jakob God gesien in die gedaante van ‘n engel; hy het nie God werklik gesien nie. Simson se ouers was angsbevange toe hulle besef het dat hulle vir God gesien het (Rigters 13:22), maar hulle het God slegs gesien in die gedaante van ‘n engel. Jesus was God wat vlees geword het (Johannes 1:1, 14) sodat wanneer mense vir Jesus gesien het, het hulle ook vir God gesien. Dus, ja, God kan “gesien” word en baie mense het vir God “gesien”. Terselfdertyd, niemand het ooit vir God in Sy volle glorie geopenbaar gesien nie. As God Hom ten volle aan ons openbaar in ons in sonde vervalle toestand, sal ons verteer en verdelg word. Daarom versluier God Homself en verskyn in gedaantes waarin ons Hom kan “sien”. Dit is egter anders as om God te sien in al Sy glorie en heiligheid geopenbaar. Mense het droombeelde van God gesien, voorstellings van God, en verskynings van God, maar niemand het ooit vir God in al Sy grootheid gesien nie (Exodus 33:20).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het enigiemand ooit vir God gesien?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries