settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat God alwetend is?

Antwoord


Alwetendheid word gedefinieer as "die vermoë om oor alle kennis te beskik, die kwaliteit om alles te weet." Vir God om soewerein oor Sy skepping van alle dinge te wees, óf dit sigbaar óf onsigbaar is, moet Hy alwetend wees. Sy alwetendheid is nie beperk tot een persoon in die Godheid nie – Vader, Seun en Heilige Gees is almal van nature alwetend.

God weet alles (1 John 3:20). Hy weet nie alleenlik die onbenulligste besonderhede van ons lewens nie, maar alles wat rondom ons gebeur, want Hy weet selfs van 'n spreeu se val of 'n enkele haar (Matt 10:29-30). God weet nie net alles wat tot by die einde van die geskiedenis gaan gebeur nie (Jes 46:9-10), maar Hy weet ook ons gedagtes, selfs voordat ons nog praat (Ps 139:4). Hy ken ons harte van ver af; Hy sien ons selfs in die baarmoeder (Ps 139:1-3; 15-16). Salomo verduidelik hierdie waarheid perfek, wanneer hy sê, "want net U ken elke mens se hart" (1 Kon 8:39).

Ten spyte van die neerbuigende liefde van die Seun van God om Homself te ledig en Homself tot niks te verneder (Fil 2:7), is Sy alwetenheid duidelik in die Nuwe Testamentiese geskrifte te sien. Die eerste gebed van die apostels in Hand 1:24, "Here, U wat die harte van almal ken," impliseer Jesus se alwetenheid, wat nodig is vir Hom om gebedsversoeke en voorsprake aan die regterhand van God te ontvang. Op die aarde is Jesus se alwetenheid net so duidelik. In baie weergawes van die Evangelies, het Hy die gedagtes van Sy gehoor geken (Matt 9:4, 12:25; Mark 2:6-8; Luk 6-8). Hy het geweet van mense se lewens voordat Hy hul nog ontmoet het. Toe Hy die vrou wat gaan water skep het by die put van Sigar ontmoet, Het Hy vir haar gesê "Jy het reeds vyf gehad en die een wat jy nou het, is nie jou man nie" (Joh 4:18). Hy vertel ook aan Sy dissipels dat hul vriend Lasarus dood is, alhoewel Hy meer as 25 myl van Lasarus se huis af was (Joh 11:11-15). Hy het die dissipels beveel om te gaan en die Nagmaal voor te berei en Hy beskryf die persoon wat hulle moes ontmoet en volg (Mark 14:13-15). Miskien is die beste van alles dat Hy Natanael geken het, voordat Hy hom ontmoet het, omdat Hy sy hart geken het (Joh 1:47-48).

Ons neem Jesus se alwetenheid duidelik waar op aarde, maar dit is waar die paradoks ook begin. Jesus vra vrae wat die afwesigheid van kennis impliseer, alhoewel die Here meer vrae vra tot voordeel van Sy gehoor, as vir Homself. Daar is egter 'n ander vlak ten opsigte van Sy alwetenheid, wat van die beperkings van die menslike natuur kom, wat Hy as Seun van God ervaar het. Ons lees dat as 'n mens, het Jesus "verstandelik en liggaamlik gegroei" (Luk 2:52) en dat Hy gehoorsaamheid geleer het deur Sy lyding (Heb 5:8). Ons lees ook dat Hy nie geweet het wanneer die wêreld tot 'n einde gaan kom nie (Matt 24:34-36). Ons vra dan die vraag hoekom die Seun dit nie geweet het nie, aangesien Hy al die ander dinge geweet het? In plaas van om dit as 'n menslike beperking te beskou, moet ons dit eerder sien as 'n beheerde gebrek aan kennis. Dit was 'n eiewillige handeling van nederigheid, met die doel om volledig in ons natuur te deel (Fil 2:6-11; Heb 2:17) en om die Tweede Adam te wees.

Uiteindelik is daar niks onmoontlik vir 'n alwetende God nie en is dit op grond van ons geloof in so 'n God, dat ons veilig by Hom kan rus, wetende dat Sy beloftes nooit faal, solank ons in Hom bly nie. Hy ken ons van ewigheid af, selfs voor die skepping. God het vir jou en vir my geken, waar ons in die loop van die tyd sou verskyn en met wie ons sou omgaan. Hy het selfs ons sonde in al hul vuilheid en verworpenheid oorgesien en sodoende in liefde, het Hy Sy seël op ons geplaas en ons nader getrek na die liefde in Jesus Christus (Ef 1:3-6). Ons sal Hom van aangesig tot aangesig sien, maar ons kennis van Hom sal nooit volledig wees nie. Ons bewondering, liefde en lofprysing vir Hom sal voortgaan vir alle millenniums, soos ons in die strale van Sy hemelse liefde koestering, lering en groter waardering vir ons alwetende God soek.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat God alwetend is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries