settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat God alomteenwoordig is?

Antwoord


Die voorvoegsel "alom" is afgelei van die Latynse betekenis "alles". Om dus te sê dat God alomteenwoordig is, is om te sê dat God oral teenwoordig is. In baie godsdienste word God beskou as alomteenwoordig, terwyl in beide Judaïsme en die Christendom, hierdie siening verder onderverdeel word in die transendensie en immanensie van God. Alhoewel God nie heeltemal in die materie van die skepping ingedompel is nie (panteïsme), is Hy oral te alle tye teenwoordig.

God se teenwoordigheid is voortdurend regdeur die hele skepping, alhoewel dit nie op dieselfde wyse op dieselfde tyd aan alle mense oral geopenbaar word nie. Soms kan Hy aktief betrokke wees in 'n situasie, terwyl Hy in 'n ander situasie op 'n ander plek nie openbaar dat Hy teenwoordig is nie. Die Bybel openbaar dat God terselfdertyd Homself aan 'n persoon op 'n sekere manier kan manifesteer (Ps 46:1; Jes 57:15) en teenwoordig wees in elke situasie in die hele skepping, op enige gegewe tyd (Ps 33:13-14). Alomteenwoordigheid is God se metode om teenwoordig te wees in alle vorme van tyd en ruimte. Alhoewel God teenwoordig is in alle tyd en ruimte, is God nie lokaal ingeperk tot enige tyd of ruimte nie. God is oral elke oomblik. Geen molekule of atomiese gedeelte is te klein vir God se volkome teenwoordigheid nie en geen sterrestelsel te uitgestrek en veraf dat God dit nie insluit nie. Sou ons egter die skepping verwyder, sal God nog steeds daarvan weet, want Hy weet van alle moontlikhede, óf hulle werklik is óf nie.

God is natuurlik betrokke in elke aspek van die natuurlike orde van dinge, op elke wyse, tyd en plek (Jes 40:12; Nahum 1:3). God is aktief teenwoordig op 'n ander wyse in elke gebeurlikheid in die geskiedenis, soos in die voorsieningslys van menslike sake (Ps 48:7; 2 Kron 20:37; Dan 5:5-6). God is op 'n baie spesiale wyse teenwoordig by diegene wat Sy Naam aanroep, wat vir ander intree, wat God bewonder, wat versoeke rig en hulle wat ernstig bid vir vergifnis (Ps 46:1). Bo dit alles is Hy teenwoordig in die persoon van Sy Seun, die Here Jesus Christus (Kol 2:19) en misterieus teenwoordig in die universele kerk wat die aarde oordek en waarteen die hekke van die hel nie sal standhou nie.

Netsoos die alomteenwoordigheid van God ly, so ook skynbare teenstrydighede, as gevolg van die beperkings van die menslike verstand. Een van daardie teenstrydighede is belangrik: die teenwoordigheid van God in die hel – die plek waarheen die slegte mense sal gaan en ly onder die onophoudelike woede van God, as gevolg van hul sonde. Baie mense redeneer dat die hel die plek is waar God nie is nie, geskei van God (Matt 25:41) en indien dit so is, dan kan dit nie gesê word dat God in 'n plek is, wat van Hom geskei is nie. Tog verduur die sondaars in die hel Sy ewige woede: Openbaring 14:10 praat van die marteling van die sondaars in die teenwoordigheid van die Lam. Dat God teenwoordig is in 'n plek waar die slegte mense heen moet gaan, veroorsaak 'n bietjie verwarring. Tog kan hierdie teenstrydigheid verduidelik word met die feit dat God teenwoordig kan wees – omdat Hy alles vul met Sy teenwoordigheid (Kol 1:17) en dat Hy alles in stand hou deur Sy almag (Heb 1:3) – tog is Hy nie noodwendig oral om te seën nie.

Netsoos God soms van Sy kinders geskei is as gevolg van sonde (Jes 52:9) en Hy ver van die slegte mense is (Spreuke 15:29) en die goddelose wat in duisternis is, opdrag gee om teen die einde van die tyd na 'n plek van ewige straf te vertrek, is God steeds daar in hul midde. Hy weet wat daardie siele wat nou in die hel is, se lyding behels; Hy weet van hul angs, hul uiroepe na verligting, hul trane en spyt oor die ewige toestand waarin hulle hulself bevind. Hy is daar oral as 'n ewigdurende herinnering aan hul sonde wat 'n kloof laat ontstaan het, verwyder van elke seëning wat andersins toegestaan sou word. Al is Hy daar oral, is daar geen eienskap sigbaar anders as Sy straf nie.

Op dieselfde wyse sal Hy ook in die hemel wees, besig om elke seëning te manifesteer, wat ons nie eers hier en nou ons kan voorstel nie; Hy sal daar Sy menigvuldige seën vertoon, Sy menigvuldige liefde en Sy menigvuldige goedertierenheid – inderdaad alles behalwe Sy vloek. Die alomteenwoordigheid van God moet dien om ons te herinner dat ons nie van God kan wegkruip as ons gesondig het nie (Ps 139:11-12). Tog kan ons na God toe draai in skuldbelydenis en geloof, sonder om eens te beweeg (Jes 57:16).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat God alomteenwoordig is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries