settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat God almagtig is?

Antwoord


Die woord "almagtig" is afgelei van "omni" en dit beteken "alles" en "potent" beteken "mag."

Soos met die eienskappe van alwetend en alomteenwoordig, kom dit daarop neer dat, indien God oneindig en soewerein is, wat ons wel weet Hy is, dan moet Hy ook almagtig wees. Hy het alle mag oor alle dinge, te alle tye en op alle maniere.

Job het in Job 42:2 van God se mag gepraat, "Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit." Job het God se almag beleef in die die volvoering van Sy planne. Moses is ook deur God herinner dat Hy alle mag gehad het om Sy doelwit, rakende die Israeliete uit te voer: Num 11:23, "Maar die Here het vir Moses gesê: "Dink jy Ek het nie die mag nie? Jy sal nou self sien of My woord bewaarheid word of nie."

Nêrens is God se almag duideliker te sien as in die skepping nie. God het gesê, "Laat daar lig wees…" en dit het so gebeur (Gen 1:3, 6,9, ens.) 'n Mens het gereedskap en materiaal nodig om te skep; God het net eenvoudig gepraat en deur die krag van Sy woord, is alles uit niks geskep. "Deur die woord van die Here is die hemele gemaak, deur Sy bevel al die hemelliggame" (Ps 33:6).

God se krag is ook te sien in die onderhouding van Sy skepping. Alle lewe op aarde sou tot niet gaan, as dit nie vir God se voortdurende voorsiening was nie, vir kos, klere en skuiling, alles van hernubare bronne wat Hy onderhou het deur Sy krag as die onderhouer van mens en dier (Ps 36:6). Die seë wat die grootste deel van die aarde oordek en waar teenoor ons kragteloos staan, sou ons oorweldig het, as God nie die grense vasgestel het nie (Job 38:8-11).

God se almagtigheid brei uit na regerings en leiers (Dan 2:21), waar Hy hulle beperk of hulle hul pad aanwys volgens Sy planne en doelwitte. Sy mag is onbeperk ten opsigte van Satan en sy demone. Satan se aanval op Job is beperk tot net sekere optredes. Hy was ingeperk deur God se onbeperkte mag (Job 1:12, 2:6). Jesus het Pilatus herinner dat hy geen mag oor Hom gehad het nie, sou hy dit ontvang van die God wat oor alle mag beskik (Joh 19:11).

Aangesien God almagtig is, kan Hy alles doen. Die Bybel sê dat God sekere dinge nie kan doen nie, maar dit beteken egter nie dat God Sy almag verloor het nie. Heb 6:18 sê by voorbeeld dat Hy nie kan lieg nie. Dit beteken nie dat Hy nie die mag het om dit te doen nie, maar dat God kies om nie te lieg nie, omdat dit nie in lyn is met Sy eie morele volmaaktheid nie. Op dieselfde wyse, ten spyte van Sy almag en afsku in die bose, laat Hy toe dat bose dinge plaasvind, want dit gebeur volgens Sy goeie wil. Hy gebruik sekere bose gebeure om Sy wil ten uitvoer te bring, soos toe die grootste boosheid van alle tye plaasgevind het – die doodmaak van die volmaakte, heilige, onskuldige Lam van God tot redding van die mens.

God Almagtig het mens geword in Jesus Christus. Sy almag word in die wonderwerke wat Hy gedoen het, gesien – Sy tallose genesings, die voedsel vir die vyfduisend (Mark 6:30-44), die stilmaak van die storm (Mark 4:37-41) en die bomenslike vertoon van mag deur die opwekking van Lasarus en Jaïrus se dogtertjie uit die dood (Joh 11:38-44, Mark 5:35-43). Dis 'n voorbeeld van Sy beheer oor dood en lewe. Dood is die hoofrede waarvoor Jesus gekom het – om dit te vernietig (1 Kor 15:22, Heb 2:14) en om sondaars in die regte verhouding met God te bring. Die Here Jesus het dit duidelik gestel dat Hy die almag het om Sy lewe af te lê en weer op te neem, 'n feit wat Hy versinnebeeld het toe Hy oor die tempel gepraat het (Joh 2:19). Hy het die almag gehad om twaalf legioene engele op te roep om Hom te beskerm gedurende Sy verhoor, sou dit nodig wees (Matt 26:53), maar tog het Hy Homself in nederigheid geoffer in andere se plek (Fil 2:1-11).

Die groot geheim is dat Sy krag gedeel kan word deur gelowiges wat verenig is by God in Jesus Christus. Paulus sê, "Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees" (2 Kor 12:9b). God se krag seëvier in ons die meeste wanneer ons op ons swakste is, omdat Hy "magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink" as gevolg van Sy krag wat in ons werk (Ef 3:20). Dit is God se krag wat ons versterk deur Sy genade, ten spyte van ons sonde (2 Tim 1:12) en Hy is magtig om ons van struikeling te bewaar (Judas 24). Sy mag sal uitgeroep en besing word deur 'n groot menigte in die hemel tot in alle ewigheid (Open 19:1). Mag dit vir altyd ons gebed wees!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat God almagtig is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries