settings icon
share icon
Vraag

Hoekom moet Elia terugkom voor die eindtyd (Maleagi 4:5-6)?

Antwoord


Maleagi 4:5-6 bevat ‘n boeiende profesie: “Ek gaan vir julle die profeet Elia stuur voordat die dag van die Here kom, die groot, die verskriklike dag. Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen, sodat ek nie hoef te kom en die land heeltemal vernietig nie.” Tot op vandag sluit Joodse Seder (Pasga ete) ‘n leë stoel by die tafel in vir Elia se terugkeer, as voorloper van die Messias en vervulling van Maleagi se woord.

Volgens Maleagi 4:6 sal die terugkeer van Elia wees om die kinders en die vaders te versoen met mekaar. M.a.w. die doel is versoening. In die Nuwe Testament openbaar Jesus dat Johannes die Doper die vervulling van Maleagi se profesie was: “Al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer en as julle dit wil aanvaar, Johannes is die Elia wat sou kom” (Matt 11:13-14). Hierdie vervulling word ook in Markus 1:2-4 en Lukas 1:17; 7:27 genoem.

Maleagi 4:5-6 hou spesifiek verband met Matt 17:10-13: “Die dissipels vra Hom toe: ‘Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elia eers moet kom?’ ‘Elia kom wel om alles weer reg te maak,’ antwoord Hy, ‘maar Ek sê vir julle Elia het al gekom, maar hulle het hom nie herken nie en met hom gemaak net wat hulle wou. So sal ook die Seun van die mens deur hulle mishandel word.’ Toe het die dissipels verstaan dat Hy met hulle van Johannes die Doper gepraat het.”

Die “skrifgeleerdes van die wet” was die Joodse godsdienstige onderwysers, meestal die Fariseërs en die Sadduseërs, wat kommentaar gelewer het op die Joodse Geskrifte. Petrus, Jakobus en Johannes was bekend met hul leringe en het Jesus gevra oor Elia, nadat hulle Jesus saam met Moses en Elia gesien het met die verheerliking op die berg (Matt 17:1-8). Jesus het duidelik verklaar dat Elia alreeds gekom het, maar tragies genoeg was hy nie erken nie en word doodgemaak. Jesus het toe voorspel dat Hy op soorgelyke wyse sou sterf deur Sy vyande (Matt 17:12). ‘n Kykie in die bediening van Johannes die Doper openbaar op baie kenbare maniere dat hy “Elia” was. Eerstens het God voorspel dat Johannes se werk soortgelyk aan Elia s’n sou wees (Luk 1:17). Tweedens het hy soos Elia aangetrek (2 Kon 1:8 en Matt 3:4). Derdens, soos Elia, het Johannes die Doper in die woestyn gepreek (Matt 3:1). Vierdens, beide manne het ‘n boodskap van berou gepreek. Vyfdens, beide manne het konings weerstaan en het hoëprofiel vyande gehad (1 Kon 18:16 en Matt 14:3).

Sommige het geargumenteer dat Johannes die Doper nie die Elia was wat sou kom nie, omdat Johannes self gesê het dat hy nie Elia was nie. “Hulle vra hom toe: ‘Wie is jy dan? Is jy Elia?’ ‘Nee, ek is nie,’ sê hy” (Joh 1:21). Daar is twee verduidelikings vir hierdie skynbare teenspraak. Eerstens, omdat Elia nooit gesterf het nie (2 Kon 2:11), baie eerste-eeuse rabbi’s het geleer dat Elia steeds gelewe het en sou herverskyn voor die Messias se koms. Toe Johannes ontken het dat hy Elia was, kon hy die siening teenstaan dat hy die “eintlike” Elia was, wat in die hemel opgeneem is in ‘n vuurwa. Tweedens, Johannes se woorde kon ‘n verskil tussen Johannes se siening van homself en Jesus se siening oor hom aandui. Johannes mag miskien nie homself as die vervulling van Maleagi 4:5-6 gesien het nie. Jesus het egter wel. Daar is geen teenstrydigheid nie, net ‘n nederige profeet wat ‘n eerlike opinie oor homself gee. Johannes het die eer verwerp (Joh 3:30), tog het Jesus hom krediet gegee dat hy die vervulling was van Maleagi se profesie aangaande die terugkeer van Elia. As die metaforiese Elia, het Johannes mense geroep om berou te toon en tot ‘n lewe van gehoorsaamheid te draai, en so die mense van sy generasie voorberei vir die koms van Jesus Christus, die Een wat gekom het om “te soek en te red wat verlore is” (Luk 19:10) en om die bediening van versoening op te rig (2 Kor 5:18).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom moet Elia terugkom voor die eindtyd (Maleagi 4:5-6)?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries