settings icon
share icon
Vraag

Wat is die doop van die Heilige Gees?

Antwoord


Die doop van die Heilige Gees kan gedefineer word as die “werk” wat die Heilige Gees doen om sodoende gelowiges aan Christus te bind asook om gelowiges aan mekaar te bind. Hierdie gebeur op die oomblik wanneer ons gered word. Een Korintiërs 12:12-13 is dié gedeelte in die Bybel wat die doop deur die Heilige Gees verduidelik; “Maar ons is almal deur die een Gees gedoop in Christus se liggaam. En ons is almal van die een Gees deurdrenk”. Romeine 6:1-4 noem nie spesifiek die Gees van God nie, maar dit beskryf wel die plek of stand wat gelowiges inneem teenoor God; “Beteken dit nou dat ons in die sonde moet voortlewe sodat die genade steeds oorvloedig kan word? Hoegenaamd nie! Ons is immers dood vir die sonde. Dis tog onmoontlik dat ons nog langer daarin kan voortlewe! Of het julle vergeet dat ons met ons doop een geword het met Christus Jesus en so saam met Hom gesterf het? Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ‘n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ‘n totaal nuwe lewe leef”.

Om die doop in die Heilige Gees heeltamal te kan verstaan noem ons die volgende feite. Eerstens, 1 Korintiërs 12:13 vertel ons dat alle gelowiges gedoop word en dat alle gelowiges deurdrenk word deur die Heilige Gees (die inwoning van die Gees). Twedens, geen plek in die Bybel sê vir ons, ons moet deur die Heilige Gees gedoop word of dit najaag en dus beteken dit gelowiges die Gees “automaties” ontvang (wanneer hulle gered word of dan liewers wanneer hulle tot bekering kom). Derdens, in Efesiërs 4:5 word die Gees in dieselfde konteks geplaas as één Here en één geloof, en kan ons die Heilige Gees dan as ‘n werklikheid aanvaar.

Die doop in die Heilige Gees doen twee dinge, (1) dit bind ons aan die liggaam van Jesus, en (2) dit verwesenlik ons mede-kruisiging met Jesus. Om in Jesus se liggaam te wees beteken dit dat ons ‘n nuwe mens word (Romeine 6:4). Ons moet dan ook ons geestesgawes gebruik ter ondersteuning van die liggaam (die kerk van Jesus) soos dit mooi in 1 Korintiërs 12 verduidelik word. Deur die doop in die Heilige Gees word ons deel van Jesus se dood, sy graf en sy heropstanding vorm die basis van ons skeiding van ons sondige natuur en daarom kan ons as nuwe mense lewe (Romeine 6:1-10; Kolossense 2:12).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die doop van die Heilige Gees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries