settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Dooie See Perkamentrolle en hoekom is hulle belangrik?

Antwoord


Die eerste Dooie See Perkamentrol se ontdekking het in 1947 in Qumran gebeur, ‘n dorpie ongeveer 20 myl oos van Jerusalem op die noordwestelike kus van die Dooie See. ‘n Jong Bedoeïense skaapwagter, besig om ‘n bok te volg wat verdwaal geraak het, het ‘n rots rondgerol in een van die grotte langs die seehange en ‘n gekraak gehoor: die rots het ‘n keramiekpot geraak, wat leer- en papirusrolle bevat het, wat later bepaal is om ongeveer 20 eeue oud was. Tien jaar en baie soeke later, was daar elf grotte by die Dooie See gevind, wat tienduisende dele van perkamente bevat het, gedateer van die derde eeu v C tot 68 AD en verteenwoordig ‘n geskatte 800 aparte werke.

Die Dooie See Perkamentrolle bestaan uit ‘n lywige samestelling van Joodse dokumente, geskryf in Hebreeus, Aramees en Grieks en sluit baie onderwerpe en literêre style in. Hulle bevat manuskripte of gedeeltes van elke boek in die Hebreeuse Bybel, behalwe die boek Ester, almal daarvan byna eenduisend jaar vroeër geskep, as enige vorige bekende Bybelmanuskripte. Die rolle bevat die vroegste bybelse kommentaar wat bestaan het, oor die boek Habakuk en baie ander geskrifte, waar tussen godsdienstige werke, betreffende Joodse sektes van daardie tyd ook was.

Die legendes van wat in die Dooie See Perkamentrolle saamgevat was, is ver meer as wat werklik daar was. Daar was geen verlore Bybelboeke nie, of ander literatuur wat nie alreeds ander kopieë van bestaan het nie. Die groot meerderheid daarvan was eenvoudige kopieë van Ou Testamentiese boeke van 250-150 v C. Daar was ook ekstra bybelse en apokriewe boeke gevind, maar weereens, die groot meerderheid was kopieë van die Hebreeuse Ou Testament. Hierdie perkamentrolle was ‘n wonderlike ontdekking, omdat die perkamentrolle in uitstekende toestand was en vir so lank weggesteek gebly het (meer as 2 000 jaar). Die Dooie See Perkamentrolle kan ook vir ons vertroue gee in die betroubaarheid van die Ou Testamentiese manuskripte, aangesien daar minimale verskille tussen die manuskripte was, wat voorheen ontdek was en dié wat in Qumran gevind was. Dit is duidelik dat dit ‘n manier was wat God gebruik het om Sy Woord in bewaring te hou deur die eeue, deur dit te beskerm teen uitwissing en die inhoud teen beduidende foute te bewaak.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Dooie See Perkamentrolle en hoekom is hulle belangrik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries