settings icon
share icon
Vraag

Is Dekonstruksionisme ‘n geldige manier om die Bybel te vertaal?

Antwoord


Dekonstruksionisme is basies ‘n teorie oor tekstuele kritiek of interpretasie wat ontken dat daar enige enkele korrekte betekenis of interpretasie van ‘n gedeelte of teks is. Fundamenteel bestaan die teorie van interpretasie uit twee primêre idees: Eerstens dat geen gedeelte of teks moontlik ‘n enkele betroubare, konsekwente en samehangende boodskap kan oordra aan elkeen wat dit lees of hoor nie. Die tweede is dat die outeur minder verantwoordelik is vir die gedeelte se inhoud as die onpersoonlike kultuurkragte soos taalgebruik en hul onbewustelike ideologie. Dus, die basiese leerstellinge van dekonstruksionisme is in teenstelling met die duidelike leer van die Bybel, dat absolute waarheid nie bestaan nie en ons kan dit inderdaad weet volgens: (Deut 32:4; Jes 65:16; Joh 1:17-18; Joh 15:26-27; Gal 2:5).

Die dekonstruksionis se benadering om die Bybel te interpreteer kom uit post-modernisme en is dus eenvoudig ‘n ander ontkenning van die bestaan van absolute waarheid, wat een van die belangrikste logiese onjuisthede is, wat enigeen kan pleeg. Die ontkenning van absolute waarheid is ‘n logiese onjuistheid van ‘n self-ontkennende stelling. Niemand kan absolute waarheid rasioneel ontken nie, omdat jy om dit te doen, geforseer word om ‘n absolute te verklaar – wat beteken dat wat gesê word, bestaan nie. As iemand beweer dat daar nie ‘n ding soos absolute waarheid is nie, vra hom,”Is jy absoluut seker daarvan?” Indien hy “ja” sê, dan het hy ‘n teenstrydige stelling gemaak teenoor sy aanname.

Soos ander filosofieë uit die post-modernisme, dekonstruksionisme, seëvier die menslike outonomie en word die waarheid bepaal deur die intelek van die mens. Dus, volgens die post-moderne denker, is alle waarheid relatief en daar is nie so n ding soos absolute waarheid nie. Diep in die hart van die post-modernisme en dekonstruksionis is trots die gedagte. Die dekonstruksionis dink dat hy ‘n persoonlike of sosiale motivering kan ontdek agter wat die Skrif sê en dus kan bepaal wat “werklik gesê word”. Die resultaat is ‘n subjektiewe interpretasie van die gedeelte wat bevraagteken word. In plaas van om te aanvaar wat die Bybel eintlik sê, is die dekonstruksionis arrogant genoeg om te dink hy kan die motiewe bepaal agter wat geskryf was en opkom met die “regte” of “versteekte” betekenis van die teks. Nietemin, as dekonstruksionisme na sy logiese slotsom geneem word, dan sal die bevindinge van die dekonstruksionis hulself dekonstrueer om te bepaal wat die dekonstruksionis “werklik” gesê het. Die eindelose sirkulêre beredenering is selfvernietigend. As jy dink hoeveel foute fundamenteel in hierdie manier van dink moontlik is, herinner dit jou aan 1 Kor 3:19, “want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God. Daar staan tog geskrywe: ‘Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne.’”

Die dekonstruksionis bestudeer nie die Bybel met die doel om uit te vind wat die skrywer se intensie met die betekenis is nie, maar om die kulturele en sosiale motiewe agter wat geskryf is, te onderskei. Die dekonstruksionis is net beperk in sy interpretasie van ‘n gedeelte, deur sy eie verbeelding. Volgens die dekonstruksionis is daar geen regte of verkeerde interpretasie nie en die betekenis van die teks word dan, wat ookal die leser dit wil hê. Jy kan jou voorstel wat sou gebeur as regskundige dokumente soos testamente en akte op hierdie wyse gelees word. Hierdie benadering ten opsigte van die Skrif misluk omdat die fundamentele waarheid, dat die Bybel God se objektiewe kommunikasie tot die mens is en dat die betekenis van die gedeeltes vanaf God kom.

In plaas van om tyd te spandeer om te debatteer oor dekonstruksionisme of ander post-moderne teorieë, moet ons konsentreer om Christus te vereer en die volheid en outoriteit van die Skrif te beklemtoon. Rom 1:21-22 som die meeste post-moderne denkers, wat sulke teorieë soos dekonstruksionisme aanhang, as volg op: “omdat, al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie. Met hulle redenasies bereik hulle niks nie en deur hulle gebrek aan insig bly hulle in die duister. Hulle gee voor dat hulle verstandig is, maar hulle is dwaas.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is Dekonstruksionisme ‘n geldige manier om die Bybel te vertaal?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries