settings icon
share icon
Vraag

Wat is Confucianisme?

Antwoord


Confucianisme, ‘n godsdiens van optimistiese humanisme, het ‘n imposante impak op die lewe, sosiale struktuur en politieke filosofie van China. Die stigting van die godsdiens wys terug na een mens, bekend as Confucius, 500 jaar voor Christus gebore. Confucianisme handel hoofsaaklik oor morele gedrag en etiese leefwyse en word dikwels gekategoriseer as ‘n etiese stelsel, eerder as ‘n godsdiens. Dit plaas die klem op die aardse, nie die hemelse nie. Die doktrines van Confucianisme konsentreer op:

Voorvader-aanbidding – verering van die gestorwe voorvaders wie se geeste, so word geglo, die geluk van die nakomelinge beheer.

Ouerverering – toewyding en gehoorsaamheid aan en verering van die ouergarde van die familie deur die jonger mense.

Confucianisme se primêre beginsels is:

Jen – die goue reël
Chun-tai – die fatsoenlike mens met deug
Cheng-ming – die regmatige optrede van rolle in die samelewing
Te – die mag van deugsaamheid
Li – ideale standaard van gedrag
Wen – die vredevolle kuns (musiek, digkuns, ens.)

Die etiese stelsel van Confucianisme het baie om aan te beveel, omdat deug altyd iets is om te begeer, beide in ‘n individu en ‘n samelewing. Tog was die etiese filosofie van Confucius een van selfpoging en laat geen ruimte of behoefte vir God nie. Confucius het geleer dat ‘n mens in staat is om alles wat nodig is om sy lewe te verbeter en ook sy kultuur, self te doen, deur te steun op die deug binne-in homself. Bybelse Christelikheid leer egter presies die teenoorgestelde. Nie net het die mens ‘n tekort aan die vermoë om sy optrede reg te maak nie, maar hy is op geen manier by magte om op sy eie vermoë God te verbly of om die ewige lewe in die hemel te verwerf nie.

Volgens die Bybel is die mens inherent vol sonde van geboorte af (Jer 17:9) en in onvermoë om genoeg goeie werke te doen, om hom aanvaarbaar te maak vir ‘n heilige en volmaakte, regverdige God. “Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; inteendeel deur die wet leer ‘n mens wat sonde is” (Rom 3:20). Die mens het, eenvoudig gestel, desperaat ‘n Verlosser nodig om dit vir hom te doen. God het daardie Verlosser in Sy Seun, Jesus Christus, voorsien. Hy het aan die kruis gesterf om die prys vir ons sondes te betaal en ons aanvaarbaar voor God te maak. Hy het Sy volmaakte lewe verruil vir ons sondige lewens: “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel, sodat ons deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees” (2 Kor 5:21).

Confucianisme, soos alle valse godsdienste, steun op die werke en vermoëns van die mens. Die Christendom erken alleenlik dat “almal het gesondig en is ver van God af” (Rom 3:23), en sy volgelinge steun alleenlik op Jesus Christus, Wie se offerdood aan die kruis verlossing bring vir almal wat in Hom glo en hul vertroue nie in hulself plaas nie, maar slegs op Hom.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Confucianisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries