settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek God vertrou as ek werkloosheid, uitsluiting of bankrotskap in die gesig staar?

Antwoord


Die verlies van werk en/of inkomste is een van die mees stresvolle gebeure in die lewe, veral vir hulle wat ‘n familie moet onderhou. Uitsluiting uit die familiehuis of om bankrot verklaar te word, as gevolg van werkloosheid plaas addisionele vrees, onsekerheid en emosionele chaos op ‘n persoon.Vir die Christenman of –vrou kan daar dan addisionele twyfel oor God se goedheid en Sy beloftes ontstaan om vir Sy kinders te voorsien. Hoe moet ‘n Christen optree in hierdie katastrofiese gebeure? Watter bybelse beginsels kan ons toepas as ons ‘n huis verloor of werk of voordele (gesondheid/lewensversekering, aftrede)?

Eerstens is dit belangrik om te verstaan dat God werk vir die mensekind bestem het. Werk word in die Bybel beskryf as voordelig, want dit voorsien in ons behoeftes (Spreuke 14:23; Prediker 2:24, 3:13, 5:18-19) en gee vir ons die bronne om met ander in nood te deel (Ef 4:28). Paulus herinner die gelowiges in Tessalonika dat enigeen wat nie wil werk nie, ook nie mag eet nie (2 Tess 3:10) en dat hýself ‘n tentmaker is, sodat hy nie vir ander ‘n las hoef te wees nie (Hand 18:3; 2 Kor 11:9). Dus, werkloosheid hoef nie ‘n verskoning vir luiheid te wees nie en alle ywer moet ingespan word om ander werk so gou as moontlik te vind (Spreuke 6:9-11).

Terselfdertyd is dit nie altyd moontlik om ‘n werk te kry gelykstaande aan die betaling en status soos die vorige nie. In hierdie gevalle moet Christene nie toelaat dat trots oorheers en hulle weerhou om werk van ‘n ander aard te neem nie, selfs al beteken dit laer status en minder geld, ten minste tydelik. Ons moet ook gewillig wees om hulp te aanvaar van ander gelowiges en ons kerke, miskien in ruil vir werk in huise, werwe en kerkfasiliteite. Om ‘n “helpende hand” uit te steek en te aanvaar in hierdie tye is ‘n seën vir hulle wat gee en hulle wat ontvang en die “wet van Christus” uitleef, wat liefde is vir mekaar (Gal 6:2; Joh13:34).

Desgelyks kan die verlies van die familiehuis deur uitsluiting of bankrotskap tot seën vir die familie wees, ‘n tyd wanneer ouers en kinders “nader aan mekaar groei” en meer bewus raak van hul liefde vir mekaar en die belangrike dinge in die lewe – geloof, familie en gemeenskap – en minder fokus op materiële dinge wat geen ewigheidswaarde het nie en in een oomblik kan verdwyn. God kan ook hierdie omstandighede gebruik om ons te herinner aan die waarheid wat Jesus in Matt 5:19-20 gesê het en ons harte opnuut op die hemelse skatte laat fokus het.

Bowenal, om ons geloof en vertroue op God se beloftes te verander deur vernuwing, is uiters belangrik gedurende tye van finansiële stres. Om gedeeltes weer te lees waar daar van God se getrouheid ten opsigte van Sy kinders gepraat word, sal mense versterk en bemoedig as die toekoms donker lyk. 1 Kor 10:13 herinner ons dat God getrou is en ons nie bo ons kragte sal versoek nie en Hy sal ‘n uitkoms gee uit ons probleme. Hierdie “uitkoms” kan ‘n nuwe en beter werk beteken, wat onmiddellik beskikbaar is. Dit kan ook ‘n langer tyd vanwerkloosheid beteken, waar God se getrouheid in voorsiening van daaglikse brood aan ons geopenbaar word. Dit kan ook ‘n nuwe huis beteken of dit kan beteken om vir ‘n periode van tyd saam met familie in swak omstandighede te woon. In elke geval is die uitweg die “weg deur” die beproewing, waarin ons leer van God se getroue voorsiening soos Hy langs ons loop deur die hele ontbering. As die toetstyd verby is, sal ons geloof sterker wees en sal ons in staat wees om ander te versterk deur kragtige getuienis te lewer, ten opsigte van ons God se getrouheid.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek God vertrou as ek werkloosheid, uitsluiting of bankrotskap in die gesig staar?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries