settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet ‘n Christen se siening oor verslawing lyk?

Antwoord


Die woord “verslawing” het basies twee betekenisse. Die eerste is “die toestand om fisiologies of psigologies afhanklik te wees van ‘n gewoontevormige substansie.” Titus 1:7; 2:3; 1 Tim 3:3; 1 Tim 3:8: “aan drank verslaaf wees.” Hierdie verse verwys daarna dat hulle wat dit doen, gediskwalifiseer word van onderrig of om ‘n posisie van outoriteit in die kerk te beklee. Dit is duidelik dat kerkleierskap sober moet wees en hul selfbeheersing moet kan handhaaf, sodat hulle deur hul voorbeeld ander kan leer om dieselfde op te tree, want ons weet dat “dronkaards....nie sal deel kry aan die koninkryk van God nie” (1 Kor 6:10). Gelowiges moenie van alkohol afhanklik wees nie en dit geld ook vir verslawing aan enige ander substansie, bv. dwelms, pornografie, dobbelary, gulsigheid, tabak, ens.

Die tweede definisie van “verslawing” is “die toestand om betrokke te wees in iets wat gewoontevormend of kompulsief is.” Dit is ‘n onnatuurlike (vir die Christen ten minste) obsessie ten opsigte van enigiets anders, behalwe God: sport, werk, inkopies doen en/of aangeleerde “goed,” selfs familie of kinders. Ons moet “die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag” (Deut 6:5). Volgens Jesus is dit die eerste en grootste gebod (Matt 22:37-38). Ons kan dan afsluit, dat ‘n verslawing, enigiets anders as God Self, verkeerd is. God moet ons enigste gewoontevormende navolging wees. Om jouself met enigiets anders besig te hou, trek jou van Hom af weg en dit maak Sy Vaderhart seer. Hy alleen is ons volwaardige aandag, liefde en diens werd. Om hierdie dinge aan enigiets anders of enige iemand anders te bied, is afgodery.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet ‘n Christen se siening oor verslawing lyk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries