settings icon
share icon
Vraag

Kan ‘n Christen vandag nog duiwels uitdryf?

Antwoord


Duiweluitdrywing of geestebeswering is deur verskeie mense in die Evangelies en die Handelinge Boek toegepas – dit was deel van Christus se opdrag aan die dissipels (Matt 10); ander gebruik die naam van Christus (Markus 9:38); die volgelinge van die Fariseërs (Luk 11:18-19); Paulus (Hand 16); en sekere geestebesweerders (Hand 19:11-16).

Dit wil voorkom asof die doel van Jesus se dissipels was, om te toon dat Christus oor die duiwels geheers het (Luk 10:17) en om te bevestig dat die dissipels in Sy Naam en outoriteit opgetree het. Dit het ook hul geloof of ongeloof (Matt 17:14-21) geopenbaar. Dit is duidelik dat hierdie duiweluitdrywing ‘n belangrike deel van die dissipels se bediening was. Dit is egter onduidelik watter aandeel dit werklik in die proses van dissipelskap gehad het.

Interessant genoeg, dit lyk asof daar ‘n verskuiwing gekom het in die laaste deel van die Nuwe Testament aangaande duiwelse oorlogvoering. Vanaf Romeine tot by Judas word daar verwys na demoniese aktiwiteit, tog word die uitdrywing daarvan nie bespreek nie en gelowiges word nie aangespoor om dit te doen nie. Ons word gemaan om die wapenrusting aan te trek, om staande teen hulle te bly (Efes 6:10-18). Ons word aangesê om die duiwel te weerstaan (Jakobus 4:7), versigtig vir hom te wees (1 Pet 5:8) en nie vir hom plek in ons lewens te gee nie (Efes 4:27). Daar word egter nie vir ons gesê hoe om duiwels uit ander mense te dryf of dat ons enigsins dit moet oorweeg nie.

Efesiërs gee duidelike opdragte hoe ons oorwinning in ons lewens oor die bose magte moet behaal. Die eerste stap is om ons geloof in Christus te plaas (2:8-9), wat die mag van die “vors van die onsigbare bose magte” breek (2:2). Ons moet dan kies, deur God se genade, om te breek met die ou sondige mens en nuut te word (4:17-24). Dit sluit nie in om duiwels uit te dryf nie, maar eerder om ons “gees en gedagtes nuut” te maak (4:23). Na verskeie praktiese instruksies hoe om God te gehoorsaam as Sy kinders, word ons aan ‘n geestelike stryd herinner. Dit word beveg met ‘n spesifieke wapen, waarmee ons “die vors van die onsigbare bose magte” teenstaan – nie uitdryf nie (6:10). Ons staan dit teë met die waarheid, regverdigheid, die Evangelie, geloof, verlossing, die Woord van God en gebed (6:10-18).

Dit wil voorkom, dat soos die Woord van God voltooi is, die Christene meer wapens gekry het om die oorlog teen die geestelike wêreld te voer, as die vroeëre Christene. Die rol van duiweluitdrywing is vervang vir die grootste gedeelte met Evangelisasie en dissipelskap, met behulp van die Woord van God. Aangesien die metodes van geestelike oorlogvoering in die Nuwe Testament nie duiweluitdrywing insluit nie, is dit moeilik om instruksies neer te lê hoe dit gedoen moet word. Indien dit nodig sou wees, lyk dit asof ons dit aan die hand van die waarheid van die Woord van God en in die Naam van Jesus Christus moet aanspreek.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan ‘n Christen vandag nog duiwels uitdryf?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries