settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel omtrent Christelike tiendeheffing?

Antwoord


Die gee van tiendes is ‘n aangeleentheid waarmee baie Christene worstel. In baie kerke word die gee van tiendes oorbeklemtoon. Terselfdertyd weier baie Christene om hulself te onderwerp aan die Bybelse vermaning aangaande die gee van offergawes aan God. Die gee van tiendes/offergawes is veronderstel om ‘n vreugde te wees, ‘n seëning. Ongelukkig is dit baie selde die geval in die kerk van vandag.

Die gee van tiendes is ‘n Ou Testamentiese konsep. Die tiende was ‘n vereiste van die wet waarvolgens daar van alle Israeliete vereis is om 10% van alles wat hulle verdien en verbou het aan die Tabernakel/Tempel te gee (Levitikus 27:30; Numéri 18:26; Deuteronómium 14:24; 2 Kronieke 31:5). Sommige mense beskou die Ou Testamentiese tiende as ‘n vorm van belasting wat in die behoeftes van die priesters en Leviete van die offersisteem voldoen het. Nêrens in die Nuwe Testament word ons egter beveel of word daar selfs voorgestel dat Christene hulself aan ‘n soort wettige tiende sisteem moet onderwerp nie. Paulus sê dat gelowiges ‘n porsie van hul inkomste moet opsy sit om sodoende die kerk te ondersteun (1 Korinthiërs16:1-2).

Nêrens in die Nuwe Testament word bepaal presies watter persentasie van die inkomste opsy gesit moet word nie, alhoewel ons wel lees dat dit “met ons inkomste moet ooreenstem” (1 Korinthiërs 16:2). Die Christelike kerk het in wese die 10% syfer vanuit die Ou Testament oorgeneem en dit toegepas as ‘n “aanbevole minimum” vir Christene vir sover dit die gee van hul tiendes aanbetref. Christene moet egter nooit verplig voel om altyd tiendes te gee nie. Hulle moet gee volgens hulle vermoë, “ooreenkomstig hul inkomste.” Somtyds impliseer dit om meer as ‘n tiende te gee, somtyds impliseer dit om ‘n bietjie minder as ‘n tiende te gee. Dit hang alles af van Christen se vermoë en die kerk se behoeftes. Elke liewe Christen moet ywerig bid en God se wysheid soek vir soveel dit sy deelname aan die gee van tiendes en/of die hoeveelheid wat hy bereid is om te gee, aanbetref (Jakobus 1:5). “Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teësin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief” (2 Korinthiërs 9:7).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel omtrent Christelike tiendeheffing?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries