settings icon
share icon
Vraag

Is dit reg as ‘n Christen tatoeëermerke kry?

Antwoord


Lees asb ons artikel oor “Wat sê die Bybel omtrent tatoeëermerke en liggaamsinsnydings?” as agtergrond. Onderliggend aan hierdie artikel se tema, is daar die vraag in verband met Christelike tatoeëermerke. Is dieselfde beginsels van toepassing op dié wat van Christelike aard is, soos ‘n kruis, ‘n Christelike slagspreuk of selfs ‘n Bybelteks? Sommige Christene voel dat dit hulle meer geloofwaardig maak en daarby meer moontlikhede om te evangeliseer, in sommige groepe mense. Dus, wat van ‘n Christen se tatoeëermerke?

Dit is egter so dat ‘n kruis “beter” is as ‘n tatoeëermerk van ‘n vlammende kopbeen, naakte vrou of demoon. “Jesus red” kan byvoorbeeld ‘n gesprek opbring met mense wat nooit ‘n prediker ,met tradisionele klere aan, sou benader nie. Sommige verwys na Openbaring 19:16 as ‘n voorbeeld van Jesus met ‘n tatoeëermerk op Sy klere, by Sy heupe, “Die Koning van konings en die Here van die heersers.” Die vraag is nie noodwendig of ‘n tatoeëermerk sonde is nie, maar is dit goed en nodig om te laat doen? 1 Kor 10:23 verklaar, “Alles is geoorloof.” Ja, maar alles is nie heilsaam nie. ‘Alles is geoorloof,’ sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie.” Christelike tatoeëermerke mag “toelaatbaar” wees, maar is dit voordelig en konstruktief?

In 1 Kor 9:22-23 roep Paulus uit, “Vir almal het ek alles geword om in elk geval sommige te red. Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê.” Om alles vir almal te word is miskien die enigste goeie rede om ‘n tatoeëermerk te kry as Christen. Indien dit werklik deure oopmaak vir evangelisasie, wat andersins sou toe bly, sal Christelike tatoeëermerke kwalifiseer onder Paulus se “vir almal het ek alles geword” kwalifikasie. Terselfdertyd is dit onomwonde moeilik om ‘n scenario voor te stel, waar dit iemand in staat sou stel tot ‘n groter moontlikheid om te evangeliseer. Indien iemand nie na jou wil luister nie, deurdat jy nie ‘n tatoeërmerk dra nie, is dit hoogs onwaarskynlik dat so iemand werklik sal luister, te wyte aan die afwesigheid van ‘n tatoeëeermerk.

Met dié bybel- gebaseerde opsomming lyk dit asof Christelike tatoeërmerke toelaatbaar is, maar dit is hoogs twyfelagtig of hulle gesien kan word as voordelig en opbouend. ‘n Christen wat oorweeg om dit te laat doen, moet bid vir wysheid (Jak 1:5) en vir die Here vra om suiwer motiewe en onderskeiding te voorsien.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit reg as ‘n Christen tatoeëermerke kry?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries