settings icon
share icon
Vraag

Moet ‘n Christen sterrewiggelary beoefen?

Antwoord


Die doel van ‘n horoskoop is om insig in ‘n persoon se karakter te kry en die toekoms te voorspel. Die basiese oortuiging van astrologie is dat planete en sterre ‘n invloed op ons lewens uitoefen. Hulle met spesiale kennis – astroloë – kan gebeure in ‘n persoon se lewe voorspel. Dit is ontstellend dat die meeste bekende koerante ‘n horoskoopkolom het en selfs nog meer ontstellend dat baie Christene hul horoskoop lees.

Die Bybel verbied uitdruklik waarsêery, towery en geheime kunste (Deut 18:10-14). God se volk moet slegs vir God gehoorsaam (Deut 18:15). Enige ander bron van leiding, inligting of openbaring moet heeltemal verwerp word. (Sien ook Hand 16:16-18). Die Bybel wys na Jesus Christus as die enigste regte geloofsfokus (hand 4:12; Heb 12:2). Ons geloof is op God alleen gefokus en ons weet dat Hy ons paaie sal aanwys (Spreuke 3:5-6). Geloof in enigiets anders as God is misplaas.

Astrologie dan, opponeer die bybelse lering op ten minste twee wyses: Dit verkondig geloof in iets anders as God en dit is ‘n vorm van waarsêery. Ons kan nie God se wil vir ons lewens deur middel van sterrewiggelary bepaal nie. As Christene moet ons die Bybel lees en tot God bid om wysheid en leiding te bekom. Om ‘n horoskoop te raadpleeg, is ‘n belediging teenoor God se manier om met Sy kinders te kommunikeer. Ons glo kragtig dat horoskope deur Christene verwerp moet word.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet ‘n Christen sterrewiggelary beoefen?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries