settings icon
share icon
Vraag

Hoe erg kan ‘n Christen sondig?

Antwoord


Christene hou aan om te sondig nadat hulle gered is – ons sal nie volkome vry van sonde wees, totdat ons doodgaan of Jesus weer kom nie. Tog is dit so, om ‘n Christen te word, bring ons in’n nuwe lewe (2 Kor 5:17). ‘n Persoon sal verander, vanwaar hy die vleeslike aksies beoefen het (Gal 5:19-21) tot om die vrug van die Gees te vertoon (Gal 5:22-23), aangesien die inwonende Heilige Gees meer en meer beheer het oor sy/haar lewe. Hierdie verandering gebeur nie onmiddellik nie, maar wel met die loop van die tyd. Indien iemand nie ‘n lewe van verandering leef nie, is hy/sy skynbaar nie ‘n ware gelowige nie. Christene kan gruweldade pleeg. Die geskiedenis is vol van Christene (of hulle wat beweer dat hulle Christene is) wat vreeslike oortredinge pleeg. Jesus het vir hierdie sondes ook gesterf. Al meer rede om hulle nie te pleeg nie!

In 1 Kor 6:9-11 beskryf die apostel Paulus die soorte sondige lewenstyle waarvan gelowiges gespaar word. Vers 11 sê, “Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie. En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God.” Let op die woord “is.”Gelowiges is geneig om die lys van dinge in verse 9-10 te doen, maar hulle is nou anders. Kan iemand wat ‘n egbreker, dronkaard of homoseksueel, kindermisbruiker, ens. is, gered word? Ja. Is iemand wat ‘n lewe van aanhoudende sonde lei, ‘n gelowige? Nee. As ons Christene word, sal ons lewens verander. Enigiemand wat ‘n sondige lewenstyl handhaaf en beweer om ‘n Christen te wees, is ‘n leuenaar, mislei homself of is werklik ‘n gelowige wat God se straf en dissipline gaan beleef (Heb 12:5-11).

Die verskil tussen ‘n sondige ongelowige en ‘n sondige gelowige is dat die een sy/haar sonde liefhet, terwyl die ander een dit haat. Die gelowige wat struikel in sy/haar verhouding met die Here, berou dit, bely dit, wens om dit nooit weer te doen nie en soek daarna om God se krag en genade aan te wend om dit te vermy. Hy/sy neem nie in ag hoeveel hulle kan sondig en steeds probeer om ‘n Christen te wees nie. Nee, hy/sy probeer om selfs die verskyning van sonde in die toekoms te kan vermy.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe erg kan ‘n Christen sondig?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries