settings icon
share icon
Vraag

Wat behoort anders te wees in ‘n Christen-huwelik?

Antwoord


Die primêre verskil tussen ‘n Christen-huwelik en ‘n nie-Christelike huwelik is dat Christus die middelpunt van die huwelik is. As twee mense in Christus verenig is, is hul doel om te groei en al meer soos Christus te word, regdeur hul huwelikslewe waar. Nie-Christene mag baie doelwitte vir hul huwelik hê, maar om soos Christus te wees, is nie een daarvan nie. Dit is ook nie te sê dat alle Christene, wanneer getroud is, dadelik aan hierdie doelwit begin werk nie. Baie jong Christene besef nie eers dat dit die eintlike doel is nie, maar die teenwoordigheid van die Heilige Gees binne-in elkeen van hulle werk met hulle, maak elkeen so volwasse dat die doel om soos Christus te word, nader kom en duideliker vir hulle word. As beide partye dit hul individuele doelwit maak, begin ‘n sterk lewendige Christelike huwelik vorm aanneem.

‘n Christelike huwelik begin met die verstandhouding dat die Bybel duidelike beskrywing gee van die rolle van man en vrou – hoofsaaklik in Ef 4 – en ‘n ooreenkoms om daardie rolle te vervul. Die man moet leierskap neem in die huis (Ef 5:23-26). Hierdie leierskap moenie diktatorskap wees nie, nie vernederend of oorheersend teenoor die vrou wees nie, maar behoort in lyn te wees met Christus se voorbeeld van hoe Hy Sy kerk lei. Christus het die kerk liefgehad (Sy mense), met barmhartigheid, genade, vergifnis, respek en sonder om selfsugtig te wees. Mans moet hul vrouens op dieselfde wyse liefhê.

Vroue moet aan hul mans onderdanig wees (ruimte skep vir mekaar) “net soos julle aan die Here onderdanig is (Ef 5:22), nie omdat sy ondergeskik aan hom is nie, maar omdat beide man en vrou aan mekaar “uit eerbied vir Christus” (Ef 5:21) aan mekaar onderdanig moet wees en omdat daar ‘n gesagstruktuur in die huis moet wees, met Christus aan die hoof (Ef 5:23-24). Respek is ‘n sleutel-element vir die begeerte om onderdanig te wees; vroue moet hul mans respekteer soos die man sy vrou moet liefhê (Ef 5:33). Wedersydse liefde, respek en onderdanigheid is die hoeksteen van ‘n Christelike huwelik. Deur te bou op hierdie drie beginsels, sal beide man en vrou groei om soos Christus te wees, om saam te groei, nie apart nie, sal elkeen volwasse raak in godsvrug.

‘n Ander sleutel-element is onselfsugtigheid, soos in Fil 2:3-4 beskryf word. Die beginsel van nederigheid wat in hierdie verse na verwys word, is noodsaaklik om ‘n Christelike huwelik sterk te maak. Beide man en vrou moet hul maat se behoeftes vóór hul eie plaas, wat onselfsugtigheid vra en dit is net moontlik deur die krag van die Heilige Gees wat in hulle woon. Nederigheid en onselfsugtigheid kom nie natuurlik vir die gevalle menslike natuur nie. Hulle is eienskappe wat net die Gees van God kan produseer, versorg en vervolmaak in ons. Dit is hoekom Christelike huwelike gekenmerk word deur die volgende geestelike dissiplines – Bybelbestudering, Skrifmemorisering, gebed en om te mediteer op die dinge van God. As beide partye hierdie dinge toepas, word elkeen versterk en groei elkeen, wat die huwelik op ‘n natuurlike wyse versterk en uiteindelik laat groei tot volwassenheid.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat behoort anders te wees in ‘n Christen-huwelik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries