settings icon
share icon
Vraag

Openbaar God steeds gesigte aan mense vandag? Behoort gelowiges gesigte te verwag as deel van hulle Christelike belewenis?

Antwoord


Kan God vandag nog mense gesigte laat sien? Ja! Laat God vandag nog mense gesigte sien? Moontlik. Behoort ons die sien van gesigte as ‘n alledaagse gebeurtenis te beskou? Nee. Soos in die Bybel aangeteken, het God baie male met mense deur gesigte gepraat. Voorbeelde is Josef, seun van Jakob; Josef, die man van Maria; Salomo; Jesaja; Esegiël; Daniël; Petrus; en Paulus. Die profeet Joël het ‘n oorvloed van gesigte voorspel, en dit was deur Petrus bevestig in Handelinge 2:16,17. Dit is belangrik om te weet dat die verskil tussen ‘n gesig en ‘n droom die feit is dat ‘n gesig ontvang word terwyl die persoon wakker is, en ‘n droom ontvang word wanneer hy slaap.

In baie dele van die wêreld lyk dit asof God gesigte en drome omvattend gebruik. In gebiede waar die evangelie min of selfs glad nie verkondig word nie, en waar mense nie Bybels het nie, neem God Sy boodskap direk na die mense deur drome en gesigte. Dit is heeltemal in lyn met die Bybelse voorbeeld van gesigte wat gereeld deur God gebruik was om Sy waarheid met die ontstaan van die Christendom te openbaar. As God besluit om Sy boodskap aan ‘n persoon oor te dra, kan Hy enige metode wat Hy nodig ag gebruik—‘n sendeling, ‘n engel, ‘n gesig, of ‘n droom. Natuurlik het God ook die vermoë om gesigte in gebiede te gebruik waar die evangelie reeds geredelik beskikbaar is. Daar is geen beperking op dit wat God kan doen nie.

Terselfdertyd moet ons versigtig wees wanneer dit by gesigte kom en die vertolking daarvan. Ons moet onthou dat die Bybel volledig is, dat dit alles aan ons openbaar wat ons moet weet. Die sleutelwaarheid is dat sou God ‘n gesig gee, sal dit heeltemal ooreenkom met wat Hy reeds in Sy Woord geopenbaar het. Gesigte behoort nooit gelyke of groter waarde gegee te word as die Woord van God nie. God se Woord is die beslissende gesag vir die Christelike geloof en uitoefening. As jy dink dat jy ‘n gesig gehad het, en voel dat dit dalk van God afkomstig is, moet jy die Woord van God biddend ondersoek en seker maak dat jou gesig ooreenstem met die Skrif. Oorweeg dan biddend wat God wil hê jy moet doen in antwoord op die gesig (Jakobus 1:5). God sal nie aan iemand ‘n gesig gee en dan die betekenis daarvan verberg nie. Wanneer ookal ‘n persoon in die Bybel vir God gevra het na die betekenis van ‘n gesig, het God seker gemaak dat dit aan daardie persoon verduidelik was (Daniel 8:15-17).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Openbaar God steeds gesigte aan mense vandag? Behoort gelowiges gesigte te verwag as deel van hulle Christelike belewenis?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries