settings icon
share icon
Vraag

Kan ‘n Christen demonies besete wees?

Antwoord


Die Bybel vertel ons nie duidelik of ‘n Christen demonies besete kan wees nie. Maar siende dat ‘n Christen die Heilige Gees binne hom / haar het (Romeine 8:9-11; 1 Korintiërs 3:16; 6:19), blyk dit dat dit onmoontlik kan wees dat ‘n demoon dieselfde persoon kan beset of in hom / haar lewe. Hierdie is somtyds ‘n betwisbare punt, maar ons volhou sterk dat dit nie moontlik kan wees nie. Ons glo ook daar bestaan ‘n groot verskil om deur ‘n demoon beset te wees en om deur ‘n demoon beinvloed te wees. Demoon besetting is wanneer die demoon of demone in beheer van iemand se gedagtes en aksies is (Lukas 4:33-35; 8:27-33; Matteus 17:14-18). Demoon verdrukking of invloed beteken dat daar ‘n geestelike aanval is wat iemand tot sondige gedrag lei (1 Petrus 5:8-9; Jakobus 4:7). Neem kennis dat in al die Nuwe Testament gedeeltes wat handel oor geestelike oorlog voering nooit verwys na iemand wat ‘n gelowige is of dat dit uit ‘n gelowige gedryf word nie (Effesiërs 6:10-18). Gelowiges word wel vertel om die duiwel te weerstaan (1 Petrus 5:8-9; Jakobus 4:7), maar noem nooit dat ‘n demoon uit ‘n gelowige gedryf moet word nie.

Dit is ondenkbaar dat God sal toelaat dat een van Sy kinders, wat Hy deur Jesus se bloed gekoop het (1 Petrus 1:18-19) en in ‘n nuwe skepping verander is (2 Korintiërs 5:17), dan later demonies besete kan wees. Ja, as gelowiges, voer ons oorlog teen Satan en sy demone, maar hierdie is van buite en nie van binne nie. Die apostel Johannes verklaar, “Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wereld is” (1 Johannes 4:4). Wie is die Een in ons? Die Heilige Gees. Wie is die een van die wereld? Satan en sy demone. Daarom, die gelowige het die wereld oorkom en die argument dat ‘n gelowige demonies besete kan wees is nie skriftuurlik nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan ‘n Christen demonies besete wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries