settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel in verband met dans? Mag Christene dans?

Antwoord


Die Bybel gee nie spesifieke instruksies oor dans nie. Dit kan van hulp wees om sekere voorbeelde uit te lig van goeie en slegte dansery en dan sommige bybelse beginsels te noem waarop standaarde vir dans gebou kan word. Eks 32:6, 19-25 is ‘n teleurstellende gedeelte van Israel se geskiedenis. Terwyl Moses op die berg besig was om met God te praat, het die Israeliete ‘n afgod gemaak. Terwyl hulle besig was om die afgod te aanbid, het hulle begin dans. Dit het uitgeloop op “wellustigheid” (v. 6) en “buite beheer begin raak” (v. 25 sê “naked” in sommige vertalings). In hierdie geval het die dansery gelei tot baie sondige aktiwiteite. In Eks 15:20 het Miriam gedans om die oorwinning te vier van God se Almag by die Rooi See. 2 Sam 6:12-16 – Dawid het voor die Here gedans om die Verbondsark te vier, wat na Jerusalem terug gebring is.

Elke keer dat daar gedans is, wat nie as sondig gesien was nie, was gedoen in aanbidding en verering van God. Hier is nog meer beginsels om in ag te neem wanneer dans oorweeg word. Prediker 3:4 – daar is ‘n gepaste tyd om te dans en ook ‘n onvanpaste tyd. Ps 149:3; 150:4 – beide gedeeltes noem dat ons God kan aanbid en eer deur te dans. 1 Kor 6:19-20 – ons liggame behoort aan God en hulle is tempels van die Heilige Gees. Dus, alles wat ons doen, moet gebeur tot Sy eer.

Deur te dans om aandag op jouself of jou liggaam te bring, sal dus sondig wees. In 1 Kor 7:1-3

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel in verband met dans? Mag Christene dans?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries