settings icon
share icon
Vraag

Kan ‘n Christen deel wees van akupunktuur/akudrukking?

Antwoord


Die oorsprong van akupunktuur is Chinese Taoisme. Taoisme is die filosofiese stelsel, ontwikkel deur Lao-tzu en Chuang-tzu wat ‘n lewe voorstaan van totale eenvoud, natuurlikheid en geen inmenging met die gang van natuurlike gebeure nie, om sodoende ‘n bestaan in harmonie met die tao of lewenskrag te verkry. Dit hou nou verband met Hsuan Chaio, wat ‘n populêre Chinese godsdiens is, wat voorgee om gebaseer te wees op die doktrines van Lao-tzu, maar wat eintlik hoogs eklekties is van aard en gekenmerk word deur ‘n godewêreld van baie gode, bygelowe en die praktyk van alchemie, waarsêery en towerkuns.

In hierdie Chinese filosofie/godsdiens is daar 2 beginsels: die “yin”, wat negatief, donker en vroulik is en die tweede is “yang,” wat positief, helder en manlik is. Die interaksie tussen hierdie twee kragte is veronderstel om die leidende invloed vir die bestemmings van alle kreature en dinge te wees. Jou lot is onder die mag van die balans of wanbalans van hierdie twee kragte. Akupunktuur is ‘n meganisme wat beoefen word deur die aanhangers van Taoisme wat gebruik word om die “yin en Yang” van die liggaam in harmonie met tao te bring.

Terwyl die onderliggende filosofie en wêreldsiening agter akupunktuur beslis onbybels is, beteken dit nie noodwendig dat die beoefening daarvan op sigself teen die Bybel se leringe is nie. Baie mense het al bevind dat akupunktuur verligting van pyn en ander kwale voorsien , terwyl al die ander behandelings misluk het. Onder die mediese gemeenskap word dit al meer erken en in sommige gevalle is daar bewysbare mediese voordele van akupunktuur. Dus, as die beoefening daarvan geskei kan word van die filosofie/wêreldsiening agter akupunktuur, is dit miskien iets wat ‘n Christen kan oorweeg. Weereens, alhoewel die uiterste versigtigheid aan die dag gelê moet word om spirituele aspekte agter akupunktuur te vermy. Die meeste akupunktuurpraktisyne glo opreg in die tao/yin-yang filosofie waarop akupunktuur gebaseer word.

Die verskil tussen akupunktuur en akudruk is dat laasgenoemde drukking gebruik op senuweesenters, in plaas van naalde. Daar is byvoorbeeld drukpunte in die voetsole en die handpalms wat met ander dele van die liggaam korrespondeer. Dit stem ooreen met dieperliggende masseringsterapie van die vel, waar die spiere van die liggaam blootgestel word aan drukking om bloedvloei te vermeerder. As akudruk egter beoefen word om die liggaam in harmonie met yin en yang te bring, dan kom dieselfde probleem na vore as met akupunktuur. Kan die praktyk geïmplementeer word sonder die filosofie?

Die belangrike kwessie hier is skeiding vir die wedergebore gelowige weg van enige en alle praktyke wat gevaar of binding bring ten opsigte van valse godsdienste. Onkunde aangaande boosheid is ‘n gevaar en hoe meer ons onsself inlig betreffende die ware oorsprong van die Oosterse filosofieë en praktyke, hoe meer sien ons dat hulle gewortel is in waarsêery, okulte en valse godsdienste, wat in direkte opposisie teenoor God se Woord staan. Kan ‘n waardevolle mediese prosedure deur ‘n nie-Christen uitgevind word? Natuurlik! Baie van die Westerse medikasie se oorsprong is in praktyke/individue wat netso onchristelik was as die ontdekkers van akupunktuur. Die kwessie is nie of die oorsprong eksplisiet Christelik is of nie. Watter prosedures ons onsself aan onderwerp om heling te soek of verligting van pyn is ‘n kwessie van perspektief, onderskeiding en oortuiging, nie dogmatisme nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan ‘n Christen deel wees van akupunktuur/akudrukking?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries