settings icon
share icon
Vraag

Wat is Christelike versoening? Waarom is dit nodig dat ons met God versoen word?

Antwoord


Stel jou voor dat twee vriende baklei of argumenteer. Die goeie verhouding wat hul voorheen geniet het, is breekpunt. Hulle hou op om met mekaar te praat; kommunikasie word ongemaklik. Die vriende raak geleidelik vreemdelinge vir mekaar. Hierdie vervreemding kan slegs omgekeer word deur versoening. Om versoen te raak, is om vriendskap en harmonie te herstel. Wanneer ou vriende hul verskille oplos en hul verhouding herstel, het versoening plaasgevind. 2 Kor 5:18-19 verklaar, “Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.”

Volgens die Bybel het Christus ons met God versoen (Rom 5:10, 2 Kor 5:18, Kol 1:20-21). Die feit dat ons versoening nodig gehad het, beteken dat ons verhouding met God gebroke was. Aangesien God heilig is, was ons te blameer. Ons sonde het ons van God verwyder. Rom 5:10 sê dat ons vyande van God was: “Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word!”

Toe Christus aan die kruis gesterf het, Het Hy aan God se oordeel voldoen en dit vir God se vyande moontlik gemaak om vrede met Hom te kan herstel. Ons “versoening” met God, sluit dan die uitoefening van Sy genade en sondevergifnis in. Die gevolg van Jesus se offerande is dat ons verhouding verander het van vyandskap na vriendskap. “Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ‘n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende…” (Joh 15:15). Christelike versoening is ‘n roemryke waarheid! Ons was God se vyande, maar nou is ons Sy vriende. Ons was in ‘n staat van veroordeling as gevolg van ons sondes, maar ons is nou vergewe. Ons was in ‘n oorlog met God, maar nou besit ons die vrede wat alle verstand te bowe gaan (Fil 4:7).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Christelike versoening? Waarom is dit nodig dat ons met God versoen word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries