settings icon
share icon
Vraag

Kan jy vir my Christelike verhoudings-advies gee?

Antwoord


Ons kry dikwels vrae in die lyn van: “Ek is geïnteresseerd in twee verskillende ouens….watter een moet ek kies as my kêrel?” Of, “Ek is in ‘n verhouding en my meisie het gesê ‘-______’, moet ek opbreek met haar?” Hierdie tipe vrae is baie moeilik vir ons om te beantwoord. GotQuestions.org is nie ‘n Christelike verhoudings-advies bediening nie. Ons sal altyd daarna strewe om jou te vertel wat die Bybel oor so ‘n gegewe situasie te sê het. Tog spreek die Bybel nie juis spesifieke situasies rakende hierdie tipe verhoudingskwessies aan nie. Die Bybel is baie meer begaan oor ons verhouding met God.

Ons is baie huiwerig om verhoudings-advies te gee. Dit is moeilik om wyse raad te gee, ten opsigte van ‘n persoonlike kwessie d.m.v. ‘n artikel. Dit is nog moeiliker om advies te gee as ons nie die mense betrokke persoonlik ken nie. Ons het nie alle besonderhede nie en/of ons ontvang net die een kant van die storie. Ons wil ons nie aanmatig om namens God te praat deur outoritiewe verhoudings-advies aan Christene te gee nie.

Dus, wat is ons advies? Praat met God oor jou verhouding. Bid tot Hom en vra om duidelik aan jou te openbaar wat Hy wil hê dat jy moet doen (Fil 4:6-7). Vra dat God jou wysheid en onderskeidingsvermoë moet gee (Jak 1:5). God belowe om gebede te verhoor wat volgens Sy wil is (1 Joh 5:14-15). Om wys en met onderskeiding op te tree, is definitief God se wil. God wil hê dat jy goeie besluite moet neem. God wil dat Christene vol blydskap en versterk moet voel, as gevolg van hul verhoudings. As jy vir God vra met ‘n oop hart en nederige gees, sal Hy vir jou die advies gee waarvoor jy soek in jou verhouding.

Laastens kan jy ook wyse hulp kry by volgroeide Christene wat vir baie jare getroud is en met God al lank ‘n pad stap. Soek leiding by jou pastoor, ouderlinge en ander geestelik-volwasse kerkleiers. Hul jare van ondervinding bemagtig hulle om met wysheid en die kennis van God in hul lewens, leiding te gee.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan jy vir my Christelike verhoudings-advies gee?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries