settings icon
share icon
Vraag

Hoe sal ‘n Christelike troue verskil van ‘n nie-Christelike een?

Antwoord


Die primêre verskil tussen hierdie twee troues is Christus. Christene wat trou, maak ‘n ooreenkoms met Christus (sluit ‘n verbond), ook met mekaar en hierdie ooreenkoms moet vir almal wat die troue bywoon, sigbaar wees. In ‘n nie-Christelike troue is die egpaar – spesifiek die bruid – gewoonlik die fokuspunt. In ‘n Christelike troue is dit wel Christus.

‘n Christelike egpaar wat opreg is in hul doel om Christus te vereer deur hul huwelik, kan begin met die vroeë voorbereidings, deur te begin met met ‘n bybelse voorhuwelikse berading met hul pastoor/predikant. Dit word gebaseer op duidelike bybelse beginsels en spel die rolle van man en vrou uit soos hulle in verhouding met mekaar staan en teenoor hul toekomstige kinders (Ef 5:22-6:4; Kol 3:18-21). Die troue bevestig voor God, familie en vriende dat die egpaar se begeerte is om volgens God se plan vir hul familie te lewe.

Die trouseremonie moet ook ‘n weerspieëling wees van die paartjie se toewyding tot die eer van Jesus Christus. Elke deel van die diens, van die musiek tot die geloftes, tot die boodskap wat die prediker gelewer het, moet daardie ooreenkoms reflekteer. Musiek moet eerbiedig en ‘n verering van Christus wees, nie wêrelds of ligsinnig nie. Geloftes moet gemaak word met die troupaar se volle verstaan dat die woorde wat hulle sê vir mekaar, ‘n lewenslange ooreenkoms is en met die kennis dat wat hulle aan mekaar beloof, hulle ook aan God belowe. Die boodskap wat die prediker gelewer het moet hierdie waarhede en oreenkoms reflekteer.

‘n Christelike paartjie moet hulle gevolg versigtig kies en daarmee hul verbinding teenoor Christus in gedagte hou. Strooimeisies en strooijonkers is nie daar om net sommer die seremonie mooi te maak nie. Hul teenwoordigheid getuig van hul ooreenkoms met en hul belofte ten opsigte van ondersteuning van die troupaar om Christus in hul huwelik te eer. Saam daarmee gaan die bruidsrok en ook die ontwerp van die strooimeisies se rokke moet sodanig ontwerp wees, om in eerbied voor God te staan. Daar is nie plek vir uitlokkende kleding in ‘n Christus-vererende seremonie nie.

Indien daar ‘n onthaal is, moet dit ook so gereël word dat Christus vereer word. Alhoewel nie-Christelike familielede dikwels teenwoordig is by sulke troues en onthale nie, is die bedien van alkohol by ‘n Christelike onthaal die verkeerde boodskap aan ongelowiges, ‘n boodskap wat sê dat daar baie min verskil is tussen hulle wat Christus erken as Here en hulle wat nie. Selfs as die gelowiges wat die troue gereël het, niks verkeerds sien met alkohol en die gebruik daarvan met ‘n skoon gewete nie, mag ander Christene geraak voel en ons mag nie ons vryheid gebruik om ander te laat struikel nie.

‘n Troupaartjie wie se troue tot eer van Christus is, sal die mooi en die êrns van so ‘n troue lewenslank onthou en sal dit sien as ‘n wonderlike manier om hul getroude lewe saam te begin.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe sal ‘n Christelike troue verskil van ‘n nie-Christelike een?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries