settings icon
share icon
Vraag

Wat is Christelike teologie?

Antwoord


Die woord “teologie” kom van die twee Griekse woorde met die betekenis “God” en “woord.” Gekombineerd beteken die woord “teologie” “studie van God.” Christelike teologie is die studie van wat die Bybel leer en wat Christene glo. Baie gelowiges beskou Christelike teologie as iets wat verdelend is, iets wat vermy moet word. In weklikheid behoort Christelike teologie te verenig! Die Woord van God onderrig die waarheid en ons moet verenig agter daardie waarheid. Ja, daar is verskille en dispute in Christelike teologie. Ja, daar is vryheid om te verskil oor die nie-essensiёle dinge van Christelike teologie. Terselfdertyd is daar baie waaroor Christene moet verenig wees. ‘n Bybel-gebaseerde Christelike teologie sal ons help om God, verlossing en ons roeping in hierdie wêreld beter te verstaan.

Vir sommige skep die woord “teoloё” beelde van nukkerige ou manne wat sit voor stowwerige volumes van antieke tekste in skemer verligte vertrekke, besig om dinge te bestudeer wat heeltemal verwyder is van die regte lewe. Niks meer kan verder van die waarheid af wees nie. 2 Tim 3:16-17 sê dat die hele Skrif deur God geïnspireer is, letterlik deur God uitgeasem en dit is onmisbaar vir ons, aangesien dit ons volkome maak, deurdat ons niks kortkom nie. Om ‘n teoloog te wees, is om iemand te wees wat God se aangesig soek om sodoende die Skepper van die heelal te ontmoet én Sy Seun, Jesus Christus en Hom as Here van ons lewens te omhels, sodat Hy die middelpunt van ons begeertes, emosies en kennis kan raak. Hierdie intimiteit sprei oor alle aspekte van ons lewens – deur ons te bestrooi met seёninge, ons te troos in moeilike tye, ons te versterk in ons swakhede en ons vas te hou tot die einde van ons lewens, wanneer ons Hom van aangesig tot aangesig sal sien. Die Skrif is God se storie en hoe meer ons Sy Woord bestudeer, hoe beter leer ons Hom ken.

Onderstaande is die verskeie kategorieё van Christelike teologie. Om te verstaan wat die Bybel sê oor die verskillende areas van Christelike teologie, is die sleutel tot geestelike groei en effektiwiteit in die Christelike lewe:

Behoorlike Teologie / Patriologie – die studie van God die Vader.

Christologie – die studie van die Persoon en werk van Jesus Christus.

Pneumatologie – die studie van die Persoon en werk van die Heilige Gees.

Bibliologie – die studie van die Woord van God.

Soteriologie – die studie van verlossing deur Jesus Christus.

Christelike Antropologie – die studie van die natuur van die mensheid.

Hamartiologie – die studie van die natuur en gevolge van sonde.

Angelologie – die studie van engele.

Christelike Demonologie – die studie van demone.

Ekklesiologie – die studie van die natuur en roeping van die kerk.

Eskatologie – die studie van die eindtye/laaste dae.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Christelike teologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries