settings icon
share icon
Vraag

Is dit belangrik om vir ‘n kind ‘n Christelike opvoeding te gee?

Antwoord


Vir gelowiges in Jesus Christus is die vraag of ‘n Christelike opvoeding belangrik is óf nie, vanselfsprekend. Die antwoord sou ‘n uitdruklike “Ja!” wees. Dus, waarom hierdie vraag? Dit is omdat hierdie vraag vanuit tallose perspektiewe binne die Christelike geloof kom. Miskien moet die vraag lui: “Wie is verantwoordelik om Christenskap aan my kind bekend te stel?” of “moet my kind se opvoeding in ‘n publieke, private of huisgebaseerde sisteem plaasvind?” Daar is baie opinies rakende hierdie onderwerp, sommige baie sterk en eindeloos en emosioneel debateerbaar.

Wanneer ons begin soek vir ‘n Bybelse perspektief, kom ons by die gedeelte in die Ou Testament in Deut 6:5-8: “Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande en dit moet ‘n merk op jou voorkop wees. Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.” Die Hebreeuse geskiedenis openbaar dat die Pa vasberade moes wees om sy kinders te onderrig volgens die maniere en woorde van die Here vir hul eie geestelike ontwikkeling en welstand. Die boodskap in hierdie gedeelte word herhaal in die Nuwe Testament waar Paulus ouers aanspoor om kinders groot te maak “met tug en vermaning soos die Here dit wil” (Ef 6:4). Spreuke 22:6 sê ook aan ons, “Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.” Leiding sluit nie slegs formele opvoeding in nie, maar ook die eerste instruksies wat ‘n ouer vir sy kind gee, sy vroeë opvoeding. Laasgenoemde is ontwerp om die kind stewig te plant op die fondament waarop sy lewe gebaseer is.

Soos ons aanbeweeg na die onderwerp van formele opvoeding, is daar egter misverstande wat aangespreek moet word. Eerstens sê God nie dat dit net ouers is wat kinders moet opvoed nie en tweedens sê Hy nie dat publieke opvoeding sleg is en dat ons slegs ons kinders in Christelike skole of tuis moet onderrig nie. Die beginsel regdeur die Skrif is een van absolute verantwoordelikheid. God sê nêrens dat ouers opvoeding buite die huis moet vermy nie. Om dus te beweer dat slegs “bybelse” metode van formele opvoeding tuisskole of Christelike skole, is om dinge by te voeg tot God se Woord en ons wil vermy om die Bybel te gebruik om ons eie opinies te staaf. Juis die teenoorgestelde is waar: ons wil ons opinies op die Bybel baseer. Ons wil ook die argument vermy dat die enigste “opgeleide” onderwysers die vermoë het, om ons kinders op te voed. Dit is egter so dat die kwessie van uiterste verantwoordelikheid, wel aan die ouers toegeskryf word.

Die kwessie in die Skrif is nie watter tipe algemene opvoeding ons kinders ontvang nie, maar deur watter paradigma daardie inligting gesuiwer word. Byvoorbeeld, ‘n tuisleerder kan ‘n “Christelike” opvoeding gegee word, maar misluk in die lewe, omdat hy/sy nie werklik die God van die Skrif ken en werklik die Skrif se beginsels verstaan nie. Netso kan dit wees met ‘n kind wat in die publiek opgevoed word, en wat groei om die dwalinge van die wêreld se wysheid te verstaan, deur die mislukking daarvan in God se Woord te sien, wat ywerig by die huis aan hom/haar geleer is. Inligting word in beide gevalle deur ‘n bybelse lens gesif, maar ware geestelike begrip bestaan slegs in laasgenoemde. Soortgelyk kan ‘n student ‘n Christelike skool bywoon, maar nooit vorder om God te verstaan in ‘n intieme, persoonlike verhouding nie. Uiteindelik is dit die ouers wat verantwoordelik is vir die kind se vorming op ‘n wyse wat sal uitloop op ware geestelike opvoeding.

In Heb 10:25 gee God aan Christene opdrag,”Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.” Die liggaam van Christus is ‘n integrale deel van kinders se opvoeding, deur ouers te help om kinders in geestelike kwessies op te voed en in te skerp. Blootstelling buite die gesin se struktuur- in hierdie geval, suiwer bybelse onderrig deur die kerk en Sondagskool – is goed en nodig.

Dus, ongeag watter tipe opleidings-instansie ons kies, ouers is bo alles verantwoordelik vir hul kinders se geestelike opvoeding. ‘n Christelike skoolonderwyser kan verkeerd wees, ‘n pastoor en Sondagskool-onderwyser kan verkeerd wees en ouers kan op enige spesifieke teologiese punt verkeerd wees. Dus, as ons die kinders geestelike dinge leer, moet hulle verstaan dat enige bron van absolute waarheid die Skrif is (2 Tim 3:16). Dus, die belangrikste les vir ons kinders is om die voorbeeld te volg van die inwoners van Berea, hul het “elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sê” (Hand 17:11) en alles wat hulle geleer het, het hulle getoets – vanuit watter bron ookal – en dit vergelyk met God se Woord (1 Tess 5:21).



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit belangrik om vir ‘n kind ‘n Christelike opvoeding te gee?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries