settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is Christelike leerstelling/doktrine so strydwekkend?

Antwoord


Sommige Christene sien die woord “doktrine” as feitlik ‘n vloekwoord. Die denkproses is noodsaaklik, “doktrine moet vermy word, omdat dit skeiding tussen Christene bring en God se wil is dat Christene verenig moet leef, soos dit in Joh 17:21 sê.” Terwyl dit waar is dat doktrine skeiding bring, indien die skeiding die gevolg is van verskillende sienings oor ‘n belangrike bybelse lering, is verdeling nie noodwendig ‘n slegte ding nie. Paulus verklaar, “want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor” (2 Tim 4:3). Titus 1:9-2:1 sê, “Hy moet vashou aan die betroubare word waarin hy onderrig is. Dan sal hy in staat wees om ander met die gesonde leer aan te moedig en die argumente van teenstanders te weerlê. . . Maar jy moet verkondig wat in ooreenstemming is met die gesonde leer.”

Die Christelike geloof, meer as enige ander, is gebaseer op doktrine. Die doktrines van die godheid van Christus (Joh 1:1, 14), die plaasvervangende offerande uit genade deur geloof alleenlik (Ef 2:8-9) is absoluut essensieel en nie ondehandelbaar nie. Indien enige van hierdie doktrines verwyder word, is die geloof leeg en van geen waarde. Daar is ander doktrines in die Christelike geloof wat baie belangrik is, soos die Drie-eenheid, die inspirasie van die Skrif en die realiteit van die ewige toestand. As Christelike doktrine skeiding bring in enige van hierdie punte, laat dit so wees, indien hulle wat hierdie doktrines ontken, dan verwyder moet word.

Daar is egter ook ‘n geweldige hoeveelheid van verdeeldheid in die Liggaam van Christus as gevolg van doktrines wat nie of ten minste nie sou, “kritieke” status hê nie. Voorbeelde sluit in die tydsberekening van die wegraping, jong-aarde versus ou-aarde kreasionisme, charismaties versus nie-charismaties, pre-millennialisme versus post-millennialisme, ens. Hierdie Christelike doktrines is belangrik. Elke Christelike doktrine dra een of ander belangrikheid. Maar hierdie doktrines is miskien net diegene wat die moeite werd is om te verdeel/te skei. Daar is toegewyde, Christus liefdevolle gelowiges aan beide kante van hierdie kwessies. Ons moenie verdeel oor onbelangrike kwessies nie, ten minste nie tot die mate van bevraagtekening van die waardigheid van iemand anders se geloof nie.

Daar is grade van verdeling, wat egter van toepassing is ten opsigte van nie-essensiёle Christelike doktrine. ‘n Kerk moet verenig wees en eenders dink ten opsigte van fokus, prioriteite en bediening. Indien daar ‘n doktrinale kwessie is wat in die pad staan van ‘n verenigde bedieningsfokus, is dit beter vir ‘n persoon om ‘n ander kerk te vind, eerder as om konflik te veroorsaak en verdeling binne ‘n kerk te bring. Hierdie soorte van verdelings was die oorsaak van baie skeidings/denominasies binne die Christelike geloof. Sommige spot dat kerkskeurings die maklikste manier is om ‘n nuwe kerk tot stand te bring. Maar indien verdeling as gevolg van nie-essensiёle doktrine nodig is om konflik en verdeeldheid te voorkom, dan is dit skeiding wat nodig is om te gebeur.

As elkeen vooroordeel tersyde gooi, partydigheid en voorveronderstellings en eenvoudig die Christelike doktrines wat die Bybel leer, aanvaar, sou verdeling geen probleem wees nie. Maar ons is gevalle en sondige wesens (Prediker 7:20; Rom 3:23). Sonde verhoed ons om volmaakte begrip te hê en Gods Woord toe te pas. Om nie te verstaan en aan Christelike doktrine te onderwerp nie, is wat verdeling veroorsaak, nie die doktrine self nie. Ons moet absoluut verdeel oor verskille ten opsigte van die kerndoktrines van die Christelike geloof. Somtyds is verdeling oor nie-essensiёle sake ook nodig (alhoewel skeiding tot mindere mate). Maar die blaam vir verdeling moet nooit op doktrine geplaas word nie. Christelike doktrine, in werklikheid, is die enigste manier na ware, volle en bybelse eenheid binne-in die Liggaam van Christus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is Christelike leerstelling/doktrine so strydwekkend?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries