settings icon
share icon
Vraag

Wat is Christelike Antropologie?

Antwoord


Antropologie is die studie van humaniteit. Christelike Antropologie is die studie van humaniteit vanuit ‘n Christelike/bybelse perspektief. Dit is primêr gefokus op die natuur van humaniteit – hoe die immateriёle en materiёle aspekte van die mens verband hou met mekaar. Hier volg ‘n paar algemene vrae in Christelike Antropologie:

Wat beteken dit dat die mens na die beeld en gelyke van God gemaak is (Gen 1:26-27)? Die beeld van God verwys na die immateriёle deel van die mens. Dit is daardie wat die mens skei van die dierewêreld, en hom inpas by die “dominion” (heerskappy) wat God in gedagte gehad het (Gen 1:28) en hom toegerus het om met sy Maker gemeenskap te kan hê. Dit is ‘n ewebeeld: verstandelik, moraliteit en sosialiteit.

Het ons drie dele of twee dele? Is ons liggaam, siel en gees – of liggaam, siel-gees? Menslike wesens is veronderstel om ‘n verhouding met God te hê, en dus het God ons geskep met beide materiёle en immateriёle aspekte. Die materiёle aspekte is klaarblyklik daardie wat tasbaar is en slegs bestaan so lank as die persoon lewe. Die immateriёle aspekte is daardie wat onvoelbaar is: siel, gees, intellek, wil, gewete, ens. Hierdie karaktereienskappe bestaan buite die fisiese lewensduur van die individu.

Wat is die verskil tussen die siel en die gees? Dit is belangrik om te verstaan dat beide na die immateriёle deel van die mens verwys, maar slegs die “gees” verwys na die mens se wandel met God. Die “siel” verwys na die mens se wandel in die wêreld, beide materieel en immaterieel.

Wat is die oorsprong van die verskillende rasse? Die Bybel gee nie eksplisiet duidelikheid oor wat die oorsprong van die verskillende “rasse” of velkleure van die mensdom is nie. In werklikheid is daar slegs een ras - die menslike ras. Binne die menslike ras is daar wye diversiteit in velkleur en ander fisiese karaktereienskappe.

Christelike Antropologie handel oor wie ons is en hoe ons verband met God is. Of mense inherent goed of sondig is, is deurslaggewend om te bepaal hoe ons verhouding met God herstel kan word. Of die siele van menslike wesens voortgaan na die dood bepaal grotendeels ons siening oor ons doel in hierdie wêreld. Christelike Antropologie help ons om onsself te verstaan vanuit God se perspektief. As ons in hierdie onderwerp delf, kry ons ‘n duideliker verstaan van ons gevalle natuur en dit lei na ‘n sin van wonder oor die liefde van die Verlosser wat ons hulpelose toestand gesien het en na die kruis gegaan het om ons te verlos. Wanneer ons daardie offerande aanvaar as ons eie, word ons natuur deur God getransformeer, wat ons in ‘n totale nuwe persoon omskep (2 Kor 5:17). Dit is hierdie nuwe persoon wat in ‘n verhouding met Hom kan gaan soos ons moet, as Sy geliefde kinders.

‘n Sleutelvers oor Christelike Antropologie is Ps 139:14, “Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Christelike Antropologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries