settings icon
share icon
Vraag

Wat is die belangrikheid van Christelike Nagmaal?

Antwoord


Die studie van Nagmaal is ‘n diep geestelike ondervinding omrede die betekenis daarvan. Op die vooraand van Jesus se kruisiging tydens die Joodse Paasfees het Hy hierdie gemeenskaps-maal ingestel en is dit nogsteeds ‘n algemene gebruik vir Christene. Die nagmaal vorm deel van Christelike aanbidding, dit laat ons Jesus se dood en opstanding onthou en herinder ons aan Sy glorieryke terugkeer in die toekoms.

Die Paasfees was die mees belangrikste heilige gedenkdiens van die Jode. Hierdie fees herdenk die finale plaag op Egipte toe al die eersgeborene kinders van die Egiptenare gedood was, maar die Israelitiese kinders was gespaar deurdat lam’s bloed op hul deurkosyne besprinkel was. Die lammers was daarna gaar gemaak en met ongesuurde brood geëet. Dit was God se opdrag dat hierdie feesmaal deur al die toekomstige generasies gevier moet word. Hierdie geskiedenis gedeelte word in Eksodus 12 gevind.

Tydens die laaste maal – ‘n Paasfees viering – het Jesus brood geneem en dank aan God toegereken. Soos wat Hy die brood gebreek het en aan Sy dissipels uitgedeel het, het Hy gesê, “Dit is My liggaam wat ter wille van julle gegee word. Gebruik dit ter herinnering aan My”. Net so het Jesus na die maal die beker geneem en gesê, “Hierdie beker is die nuwe verbond, bevestig deur my bloed, wat terwille van julle uitgegiet word” (Lukas 22: 19-22). Die fees afgesluit deur die sing van ‘n loflied (Matteus 26:30), en hulle het toe na die Olyfberg gegaan. Dit was die plek waar Judas vir Jesus veraai het. Die volgende dag is Jesus gekruisig.

Ons vind die rekenskap van Die Here se Nagmaal in al die Evangelies (Matteus 26:26-29; Markus 14:17-25; Lukas 22:7-22 en Johannes 13:21-30). Die apostel Paulus skryf ook oor die Nagmaal in 1 Korintiërs 11:23-29. Paulus maak egter ‘n stelling wat nie in die Evangelies gevind word nie, “As enigiemand dan op ‘n onwaardige manier van die brood eet of uit die beker drink, sal daardie persoon skuldig wees aan sonde teen die liggaam en bloed van die Here. Dit is waarom julle julself moet ondersoek voordat julle van die brood eet en uit die beker drink. Want as julle sommerso op ‘n onbedagsame manier van die brood eet en uit die beker drink, eet en drink julle ‘n oordeel oor julself omdat julle nie die nodige respek teenoor Christus se liggaam betoon nie” (1 Korintiërs 11:27-29). Daar mag miskien gevra word hoe is dit moontlik om deel te hê aan die brood en bloed op ‘n “onwaarlike manier”. Dit kan wees om die werklikheid van hierdie mees belangrikste gebeurtenis in die geskiedenis as iets gewoon aftemaak. Of wanneer dit as ‘n “dooie” ritueel uitgebeeld word. Of aan die Nagmaal deelteneem met sondes wat nog nie belei is nie. Dit is belangrik om na Paulus te luister en selfondersoek te doen alvorens daar aan die Nagmaal deelgeneem word.

Nog ‘n stelling wat Paulus maak wat nie in die Evangelies gevind word nie is, “Want elke keer as julle hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die Here se dood totdat Hy terugkom” (1 Korintiërs 11:26). Hierdie plaas ‘n beperking op die tyd van die seremonie – tot Jesus se terugkoms. Ons kan dus nou sien dat Jesus twee basiese elemente gebruik het as simbole vir Sy liggaam en Sy bloed, hierdie is die monument van Sy dood. Dit is nie ‘n monument van marmer en geelkoper nie, maar wel van brood en wyn.

Jesus verklaar dat die brood spreek hoe Sy liggaam gebreek sal word. Alhoewel daar was nie ‘n been gebreek nie, was Sy liggaam so gemartel dat Hy skaars herkenbaar was (Psalm 22:12-17; Jesaja 53:4-7). Die wyn spreek van Sy bloed en is ‘n verwysing na Jesus se verskriklike dood wat Hy binnekort sou ervaar. Hy, die perfekte Seun van God, het oneindige Ou Testament voorspellings (profesieë) oor die Verlosser tot stand gebring (Genesis 3:15; Psalm 22; Jesaja 53). Toe Jesus gesê het, “Gebruik dit ter herinnering aan My”, het Hy vir ons gesê dat dit ‘n seremonie moet wees in die toekoms. Dit toon ook aan dat die Paasfees, wat die dood van ‘n lam vereis, ook vorentoe wys na die koms van die Lam van God, wat die sondes van die wereld sal wegvat, is met die Nagmaal volbring. Die Nuwe Verbod het die Ou Verbod vervang toe Christus, die Paaslam (1 Korintiers 5:7), opgeoffer was (Hebreërs 8:8-13). Die offer sisteem was toe nie meer nodig nie (Hebreërs 9:25-28). Die Here/Christelike Nagmaal is ‘n gedenk aan wat Jesus vir ons gedoen het, asook ‘n seremonie vir wat ons deur Sy kruisiging ontvang het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die belangrikheid van Christelike Nagmaal?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries