settings icon
share icon
Vraag

Wat is Chrislam?

Antwoord


Chrislam is ‘n poging om die Christendom met Islam te amalgameer. Dit het in Nigerië in die 1980’s begin en die Chrislam se idees het regdeur die grootste deel van die wêreld versprei. Die essensiële konsep van Chrislam is dat Christendom en Islam vereenselwigbaar is, dat iemand ‘n Christen en ‘n Moslem terselfdertyd kan wees. Chrislam is nie ‘n werklike godsdiens op sy eie nie, maar eerder ‘n verdoeseling van die verskille en onderskeidings tussen die Christene en Islam.

Aanhangers van Chrislam wys na die feite soos dat Jesus 25 keer in die Qur’an genoem word, of dat Christene en Islam dieselfde leringe oor morele en etieke waardes het, of die behoefte vir die twee grootste monoteïstiese godsdienste om te verenig en te veg teen die opkoms van ateïsme en alternatiewe geestelikheid. Chrislam word deur sommige beskou as die oplossing vir die aanhoudende konflik tussen die Westerse wêreld, wat oorheersend Christene is en die Midde-Ooste wat oorheersend Moslems is.

Aangesien dit nie ontken kan word dat daar baie ooreenkomste tussen Christene en Moslems (en Judaïsme) is nie, misluk Chrislam grootliks, omdat Christene en Islam lynreg in stryd met die allerbelangrikste saak staan – die identiteit van Jesus Christus. Ware Christene verkondig Jesus wat as mens geïnkarneer is deur God. Vir Christene is die goddelikheid van Christus nie onderhandelbaar nie, want sonder Sy goddelikheid, sou Jesus se sterwe aan die kruis nie genoeg wees vir ‘n versoeningsoffer vir die sonde van die hele wêreld nie (1 Joh 2:2).

Islam verwerp onversetlik die goddelikheid van Christus. Die Qur’an verklaar dat Jesus godslasterlik God is (5:17). Geloof in die goddelikheid van Christus word beskou as shirk “vullis”volgens die Moslems.Islam verwerp ook die sterwe van Christus aan die kruis (4:157-158). Die belangrikste doktrine van die Christelike geloof word deur Islam verwerp. Die slotsom is dus, dat hierdie twee godsdienste glad nie versoenbaar is nie en dit maak dat beide die Christene en die Moslems ‘n konsep van Chrislam moet verwerp.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Chrislam?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries