settings icon
share icon
Vraag

Wat is Bybelse gronde vir egskeiding?

Antwoord


Wanneer daar bespreek word oor wat die Bybel sê aangaande egskeiding, is dit belangrik om die woorde van Maleagi 2:16 in gedagte te hou, “Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding.” Wat die Bybel ookal sê oor egskeiding, beteken dit nie dat God ‘n egskeiding begeer in daardie omstandighede nie. Eerder moet daar gevra word “is _______’n grond vir egskeiding,” dikwels moet die vraag wees “is_____gronde vir vergifnis, herstel en/of berading?”

Die Bybel gee twee duidelike gronde vir egskeiding: (1) seksuele immoraliteit (Matt 5:32; 19:9) en (2) verwerping deur ‘n ongelowige ( 1Kor 7:15). Selfs in hierdie twee gevalle egter, word egskeiding nie vereis of selfs aangemoedig nie. Die meeste wat gesê kan word, is dat seksuele immoraliteit en verwerping gronde is (‘n toelating) vir egskeiding. Belydenis, vergifnis, versoening en herstel is altyd die eerste stappe. Egskeiding behoort slegs as die laaste uitweg gesien te word.

Is daar enige gronde vir egskeiding anders as wat die Bybel eksplisiet sê? Miskien, maar ons veronderstel nie rondom God se Woord nie. Dit is baie gevaarlik (1 Kor 4:6). Die mees gereelde bykomende gronde vir egskeiding wat mense oor navraag doen, is emosionele of fisieke mishandeling, kindermishandeling (emosioneel, fisies of seksueel), verslawing aan pornografie, dwelms/alkoholmisbruik, misdaad/gevangenisstraf en misbruik van finansies (soos dobbelverslawing). Nie een van hierdie kan gesien word as duidelike Bybelse gronde vir ‘n egskeiding nie.

Dit beteken nie noodwendig dat nie een daarvan gronde is vir egskeiding, wat God sou goedkeur nie. Byvoorbeeld, ons kan ons nie voorstel dat dit God se wens is vir ‘n vrou om by ‘n man te bly wat haar fisiek mishandel of hul kinders nie. In sulke omstandighede, moet die vrou haar en die kinders definitief afsonder van so ‘n man. Tog,selfs in so ‘n situasie, sou ‘n tyd van afsondering met die doel om te bely en te herstel, die ideal wees en nie noodwendig om dadelik met ‘n egskeiding te begin nie. Verstaan asseblief, deur te sê dat bogenoemde nie Bybelse gronde vir egskeiding is nie, ons definitief nie sê dat ‘n man/vrou wie se eggenoot betrokke is in sulke aktiwiteite, in dié situasie moet bly nie. As daar enige risiko ten opsigte van die ouer of die kinders is, is skeiding goed en die aangewese stap.

‘n Ander manier om hierna te kyk, is om tussen Bybelse gronde vir egskeiding en Bybelse gronde vir egskeiding en om weer te trou, te differensieer. Sommige interpreteer die twee bogenoemde Bybelse gronde vir egskeiding as die enigste gronde om weer te trou ná ‘n egskeiding, maar laat egskeiding toe, sonder om weer te mag trou, in ander omstandighede. Omdat dit ‘n plofbare interpretasie is, lyk dit asof daar te na-aan die veronderstelling, ten opsigte van die Woord van God geneig word.

Opsommenderwys, wat is die Bybelse gronde vir egskeiding? Die antwoord is seksuele immoraliteit en verwerping. Is daar addisionele gronde vir egskeiding, behalwe hierdie twee? Moontlik. Moet egskeiding ooit ligtelik opgeneem word of aangewend word as die eerste toevlug? Absoluut nie. God is by magte om enige mens te verander en nuut te maak. God kan gesond maak en enige huwelik hernu. Egskeiding moet net gebeur in gevalle van herhaalde en onbelyde afskuwelike sonde.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Bybelse gronde vir egskeiding?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries