settings icon
share icon
Vraag

Het die Bybel sommige van die stories daarin, verkry uit ander godsdienstige mites en legendes?

Antwoord


Daar is baie stories in die Bybel wat merkwaardige ooreenkomste toon met stories uit ander godsdienste, legendes en mites. Vir die doel van hierdie artikel, sal ons twee of meer prominente voorbeelde ondersoek.

Eerstens, kom ons kyk na die beskrywing oor die Sondeval van die mens vanaf Gen 3. Daar is ‘n Griekse legende, “Pandora’s Box,” waarvan die besonderhede so dramaties verskil van die Bybelse beskrywing oor die Sondeval, dat daar nooit ‘n verband gesien sal word nie. Tog, ten spyte van hul merkwaardige verskille, mag hulle eintlik van dieselfde historiese gebeurtenis getuig. Beide stories vertel hoe die heel eerste vrou sonde, siekte en lyding losgelaat het in die wêreld, wat tot op daardie punt die Paradys van Eden was. Beide stories eindig met die visie van hoop, hoop op ‘n beloofde Verlosser in die geval van Genesis en “hoop” as ‘n ding wat vrygelaat word uit die “box” teen die einde van die Pandora- legende.

Soos die wêreld se ryke vloed van legendes, demonstreer “Pandora’s Box” hoe die Bybel gelykstaan aan heidense mites, by tye, eenvoudig omdat hulle almal praat van ‘n historiese kernwaarheid, wat oor die jare gemanifesteer het in antieke geskiedenisse (soos in die geval van die Bybel) en in poëtiese allegoriese voorstellings (soos in die geval van Pandora, wie se storie op baie verskillende maniere vertel is deur die Grieke, maar waarvan die kernwaarheid redelikerwys konstant bly). Die ooreenkomste verwys nie na een vertelling wat van die ander gekopieer is nie, maar verwys na die feit dat beide stories gebaseer is op dieselfde historiese gebeure.

Laastens is daar gevalle waar geleen is, maar in hierdie gevalle was die Bybel die bron, nie die heidense mites nie (ten spyte van pseudo-akademiese aannames daarteenoor). Neem in ag die kwessie van Sargon (Jer 20:1) se geboorte. Volgens ‘n legende was Sargon in ‘n biesiemandjie gesit is en deur sy moeder op die rivier af gestuur is. Hy was gered deur Aqqi, wat hom as sy eie seun aangeneem het. Dit klink baie soos Moses se storie in Eks 2, nie waar nie? En Sargon het ongeveer 800 jaar voor Moses se geboorte geleef. Dus moet die storie oor baba Moses op die rivier, gered en aangeneem, geleen wees van Sargon, reg?

Dit klink aanvaarbaar aan die begin, maar wat van Sargon geweet was, kom volledig vanaf legendes, geskrywe baie honderde jare na sy dood. Daar is baie min hedendaagse opgawes van Sargon se lewe. Die legende van Sargon se kinderdae, hoe hy in ‘n mandjie gesit is op die rivier, kom van twee 7de eeuse v C spykerskrifagtige tablette ( vanaf die biblioteek van die Assiriese koning Ashurbanipal, wat vanaf 668 tot 627 v C) geregeer het, geskrywe honderde jare ná die boek Eksodus. Indien iemand wil argumenteer dat een vertelling by die ander geleen was, sou dit die ander kant om wees: die Sargon legende wil voorkom asof dit geleen is by Eksodus, die Moses- verhaal.

Die Bybel is duidelik oor sy skrywer. Alhoewel baie verskillende manne die pen op papier gesit het, is die Heilige Gees van God die eintlike outeur. 2 Tim 3:16-17 vertel ons dat die Skrif deur God geïnspireer is. Wat beteken dit dat die Bybel “geïnspireer” is? Dit beteken letterlik “deur God uitgeasem.” Hy het dit geskryf, Hy het dit bewaar deur die eeue, Hy leef binne-in elke blad en daardeur word Sy krag in ons lewens gemanifesteer.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het die Bybel sommige van die stories daarin, verkry uit ander godsdienstige mites en legendes?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries