settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor werk?

Antwoord


“Niemand moet ooit werk nie. Werk is die bron van byna al die ellende in die wêreld. Byna enige euwel wat jy wil noem, kom van werk of lewe in 'n wêreld wat ontwerp is vir werk. Om op te hou lyding moet ons ophou werk.” Hierdie woorde omvat die begin van ‘n opstel geskryf deur Bob Black in 1985 met die titel, “The Abolition of Work.” In ‘n ontspanne, liefdevolle kultuur sal baie mense Black se siening heelhartig ondersteun. Amerikaners spandeer ongeveer 50% van hul ure wat hulle nie slaap nie, aan werk. Is werk ‘n vloek of is dit iets waarvoor die mens op ‘n unieke wyse geskep is om te doen? In sterk kontras ten opsigte van die stellings van Bob Black, is die belangrikheid en voordelige aard van werk ‘n resonerende tema in die Bybel.

Die oorsprong van werk is in die boek Genesis beskrywe. In die openingsgedeelte is God die primêre werker, besig met die skepping van die wêreld (Gen 1:1-15). Die Bybel sê dat God vir 6 dae gewerk het en op die 7de dag gerus het. God was die eerste om op die aarde te werk; dus, wettige werk weerspieël die aktiwiteit van God. Aangesien God inherent goed is, is werk ook inherent goed (Ps 25:8; Ef 4:28). Verderaan verklaar Genesis 1:31 dat toe God die kwaliteit van die vrug van Sy werk aanskou het en bepaal het dat Hy ‘n goeie werk gedoen het, het hy vreugde gevind in die uitoms daarvan. Deur hierdie voorbeeld is dit duidelik dat werk produktief moet wees. Werk moet op so ‘n wyse verrig word, dat dit die hoogste kwaliteit uitkoms het. Die beloning vir werk, is die eer en bevrediging wat voortvloei uit ‘n welgedane werk.

Ps 19 sê dat God Homself deur Sy werk aan die wêreld openbaar. Deur natuurlike openbaring word God se bestaan aan elke mens op aarde geopenbaar. Dus, openbaar werk iets van die een wat die werk doen. Dit bring onderliggende karakter, motiverings, vaardighede, bekwaamhede en persoonlikheidstrekke aan die lig. Jesus het in Matt 7:15-20 hierdie beginsel herhaal toe Hy verklaar het dat slegte bome net slegte vrugte dra en goeie bome net goeie vrugte. Jes 43:7 dui aan dat God die mens geskep het vir Sy eie eer. In 1 Kor 10:31 lees ons dat wat ons ookal doen, moet ons tot Sy eer doen. Die term “verering” beteken “om ‘n akkurate weergawe te gee.” Daarom moet die werk wat Christene doen, aan die wêreld ‘n akkurate beeld van God weerspieël in regverdigheid, getrouheid en uitnemendheid.

God het die mens na Sy beeld geskep met karaktereienskappe soos Hy is (Gen 1:26-31). Hy het die mens gemaak om saam met Hom in die wêreld te werk. God het ‘n tuin geplant en Adam daarin geplaas om dit te onderhou en te bewerk (Gen 2:8, 15). Uiteindelik moes Adam en Eva hulself onderwerp aan die aarde en daaroor regeer. Wat het hierdie oorspronklike mandaat beteken? Om te bewerk beteken om groei aan te wakker en te verbeter. Om te onderhou, beteken om te bewaar van mislukking en kwyning.

Om te onderwerp, beteken om beheer en dissipline toe te pas. Om te heers, beteken om te administreer, verantwoordelikheid te neem vir en besluite te maak. Hierdie mandaat is van toepassing op alle beroepe. Die 15de eeuse Hervorming se leiers het ‘n beroep gesien as ‘n bediening voor God. Wanneer dit gesien word as ‘n bediening voor God, moet werksgeleenthede erken word as bedieninge en werksplekke as sendingvelde.

Die val van die mens in Gen 3 het ‘n verandering in die aard van werk laat ontstaan. In antwoord op Adam se sonde, het God verskeie oordele in Gen 3:17-19 uitgespreek, die ergste daarvan is die dood. Arbeid en die resultate daarvan kom in die res van die strawwe voor. God het die grond (aarde) vervloek. Om te werk, het moeilik geword. Die woord “toil” (swoeg) word gebruik om uitdaging, moeilikheid, uitputting en gesukkel uit te beeld. Werk opsig self was goed, maar die mens moet verwag dat dit met swaarkry gepaard sal gaan. Ook sal die uitkoms nie altyd goed en positief wees nie. Alhoewel die mens die veldplante sal eet, sal die veld ook dorings en dissels voortbring. Harde werk en inspanning sal nie altyd vergoed word op die manier wat die werknemer verwag of begeer nie.

Dit is ook so dat die mens van die kos van die veld sou eet en nie uit die tuin nie. ‘n Tuin is simbolies van ‘n aardse paradys, deur God gemaak as ‘n veilige plek of beskutting. Tuine simboliseer reinheid en onskuld. Die aarde of veld, aan die ander kant, verteenwoordig ‘n ongebonde, onbeskermde spasie en ‘n klemplasing op die verlies van inhibisie en wêreldsheid. Dus, die werksomgewing kan onvriendelik wees, veral teenoor Christene (Gen 39:1-23; Eks 1:8-22; Nehemia 4).

Daar word gesê dat die mens 3 basiese behoeftes in die lewe het: liefde, doelstelling en betekenis. Baie keer poog die mensdom om doel en betekenis in hul werk te vind. In Prediker 2:4-11, gee Salomo besonderhede in sy soeke na betekenis in ‘n verskeidenheid van projekte en werke van alle soorte. Alhoewel die werk soms ‘n sekere graad van bevrediging bring in die uitvoering daarvan, was sy slotsom: “Maar toe ek goed nadink oor alles waarmee ek my met soveel sorg besig gehou het, het ek gesien dat alles niks was, ‘n gejaag na wind. In hierdie wêreld bevredig niks nie.”

Ander kritieke bybelse beginsels betreffende werk is:

Werk word nie slegs gedoen om die werker te bevoordeel nie, maar ook ander (Eks 23:10-11; Deut 15:7-11; Ef 4:28).

Werk is ‘n gawe vanaf God en vir Sy mense, en dit sal seën oplewer (Ps 104:1-35; 127:1-5; Prediker 3:12-13; 5:18-20; Spreuke 14:23).

God rus Sy mense toe vir hul werk (Eks 31:2-11).

Daar was al onlangs baie debattering oor gemeenskaplike verantwoordelikhede en verpligtinge teenoor die werkloses, onversekerde en onopgevoede mense in die samelewing. Dit is interessant om te sien dat die bybelse welsynstelsel ‘n sisteem was van werk (Lev 19:10; 23:22). Die Bybel is skerp in die veroordeling van luiheid (Spreuke 18:9). Paulus maak die Christelike werks-etiek baie duidelik: “As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as ‘n ongelowige” (1 Tim 5:8).

Verderaan, Paulus se instruksie aan ‘n ander kerk in verband met hulle wat verkies om nie te werk nie, was, “onttrek julle aan elke broer wat leeglê en hom nie hou aan die opdragte wat julle van ons ontvang het nie.” Verder sê hy, “Toe ons nog by julle was, het ons vir julle uitdruklik gesê: ‘As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.’” In plaas daarvan, beveel Paulus hulle wat ledig sit, “Sulke mense beveel en gebied ons op gesag van die Here Jesus Christus dat hulle hulle aandag by hulle werk moet bepaal en hulle eie brood verdien” (2 Tess 3:12).

Alhoewel God se oorspronklike ontwerp vir werk deur sonde vernietig is, sal God eendag werk herstel, sonder die las wat sonde bring (Jes 65:17-25; Openbaring 15:1-4; 22:1-11). Tot op die dag dat die Nuwe Hemel en Nuwe Aarde in plek gestel word, moet die Christelike gesindheid teenoor werk Jesus uitbeeld: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om Sy werk te voltooi” (Joh 4:34).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor werk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries