settings icon
share icon
Vraag

Kan jy vir my ‘n basiese tydslyn van die Bybel gee?

Antwoord


In die mees basiese sin gestel, die Bybeltydslyn is eindeloos en ewig, soos in die skepping geboekstaaf (datum onbekend; Gen 1:1-31) tot die einde van die eeue (Matt 28:20). Vanuit ‘n meer praktiese oogpunt, begin die Bybeltydslyn, waaroor die meeste geleerdes saamstem, met die roeping van Abram, wie hernoem is na “Abraham” deur God (Gen 17:4-6) in die jaar 2166 v C en eindig met die skrywe van die boek Openbaring in ongeveer 95 AD. Voor Abraham se geboorte, begin die Bybeltydslyn in Genesis en bevat ‘n ryke geskiedenis van die skepping, Adam en Eva, die Val van die mens, ekstensiewe stambome, stories van menslike geswoeg en sondigheid, wat lei tot by Noag en die Sondvloed (datum ook onbekend) en baie meer.

In die periode tussen Abraham se geboorte en die apostel Johannes se skrywe van die boek Openbaring, help die geskiedenis om baie van die gebeure te dateer, asook mense wat aangespreek word in die Ou Testament, sowel die Nuwe Testament. Byvoorbeeld, Moses word bereken om in 1526 v C gebore te wees en Josua het die Beloofde Land ongeveer in 1406 v C binne gegaan. Die periode van Israel se tien rigters het ongeveer 1952 v C geëindig, die aanvang van koning Saul se regeringstyd, wanneer die meeste geleerdes saamstem dat konkrete, historiese verifieerbare data moontlik is.

Koning Saul, die beroemde koning Dawid – van wie se familie Jesus Christus gebore sou word – en Dawid se seun, die wyse koning Salomo, het oor ‘n verenigde koninkryk van Israel regeer. In 931 v C, na koning Salomo se regeringstyd, was Israel in ‘n noordelike en suidelike koninkryk verdeel. Verskeie konings het die noorde regeer (Israel) en die suide (Juda) tot die val van die noordelike koninkryk in 722 v C en die val van Jerusalem (hoofstad van die suidelike koninkryk) in 586 v C.

Die ballingskap van Juda het geduur tot ongeveer 538 v C, toe die Persiese koning Sirus, Esra aangewys het om terug te gaan na Israel en ‘n tempel vir God in Jerusalem te bou (Esra 1). Die Jode het Jerusalem tussen hierdie tyd en ongeveer 432 v C herstel, toe die laaste boek van die Ou Testament (Maleagi) geskryf was. Wat toe gevolg het, was die intertestamentiese periode, wat ongeveer 430 jaar geduur het.

In ongeveer 5 v C, was Jesus Christus, die Messias van Israel, in Betlehem gebore. Na die dood van Herodus die Grote in 4 v C, het Jesus en Sy ouers na Nasaret in Galilea teruggekeer (Matt 2:19-23). Niks is oor Jesus se lewe vir die volgende dekade geskryf nie, totdat ons ‘n twaalfjarige Jesus in die tempel ontdek, waar Hy die geleerdes verbaas het met Sy lering (Luk 2:40-52). Jesus het Sy openbare bediening in omstreeks 27 AD begin met Sy doping (Matt 3:13-17). Jesus se bediening het sowat drie en ‘n half jaar geduur.

In die periode 29-30 AD, het Jesus die meeste van Sy tyd in Judea deurgebring, deur te preek, onderrig te gee, wonderwerke te doen – insluitende die opwekking van Lasarus uit die dood – en verder die dissipels toe te rus om voort te gaan na Sy dood. Vroeg in die jaar 39, het Hy Hom na Jerusalem gewend. Gedurende die laaste week van Sy lewe, het Jesus die Paasfees met Sy vriende gevier, waar Hy die Nagmaal (Lord’s Supper) ingestel het (Luk 22:14-20) en Sy vaarwelrede gevoer het. Eindelik was Hy verraai, gearresteer, verhoor, gekruisig en opgewek (Matt 26:36-28:8). Die opgestane Christus het ‘n 40-dagse bediening voltooi, wat geëindig het met Sy hemelvaart (Hand 1:3-11; 1 Kor 15:6-7).

Kort nadat Jesus gekruisig was en opgestaan het, het Sy apostels en volgelinge die Nuwe Testament geskryf. Die eerste boek van die Nuwe Testament (óf Galasiërs óf Jakobus) kon so vroeg as 49 AD geskryf gewees het of binne twee dekades van Jesus se dood en opstanding. Dit beteken dat die oorspronklike tekste deur ooggetuies geskryf is, met eerstehandse weergawes van wat plaasgevind het. Die finale boek van die Nuwe Testament, Openbaring, is geskryf deur Johannes in min of meer 95 AD. Hier volg ‘n tydslyn van belangrike gebeure in die Bybel, met die datum vir elkeen. Let Wel: Alle datums is benaderd/geskat. Ook die datums vir vroeë menslike geskiedenis (voor Abraham) reflekteer die standpunt van jong aardse kreasionisme.

4000 v C (?) – Skepping van die wêreld

2344 v C (?) – Noag en die ark

2166 v C – Roeping van Abram

2141 v C – Geboorte van Isak

1526 v C – Geboorte van Moses

1446 v C – Uittog van Israel uit Egipte

1406 v C – Israel se intog in die Beloofde Land

1420 v C – Josua se dood

1052 v C – Die kroning van koning Saul

1011-971 v C – Die regering van koning Dawid

959 v C – Salomo se tempel voltooi

1 v C – Die verdeling van die koninkryk

875-797 v C – Die bedieninge van Elia en Elisa in Israel

739-686 v C – Die bediening van Jesaja in Juda

722 v C – Die val van die noordelike koninkryk voor Assirië

586 v C – die val van die suidelike koninkryk voor Babilon

538-445 v C – Die Jode keer terug na Jerusalem na die ballingskap

515 v C – Die tweede tempel voltooi

5 v C – Die geboorte van Jesus Christus

26-30 AD – Christus se bediening, eindig in Sy dood en opstanding

34 AD – Die bekering van Saulus van Tarsis

44-47 AD – Paulus se eerste sendingreis

49 AD – Die Raad van Jerusalem

60 AD – Paulus se gevangeneming in Rome

95 AD – Johannes se visioen op Patmos en die skrywe van Openbaring

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan jy vir my ‘n basiese tydslyn van die Bybel gee?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries