settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor opvoeding?

Antwoord


Salomo het geskryf, “Daar kom nie ‘n einde aan die skryf van baie boeke nie, te veel studie ooreis die liggaam” (Prediker 12:12). Enige student wat die hele nag geleer het, geblok het vir ‘n toets, ‘n vergelyking gememoriseer het of lang ure stip gekyk het in ‘n handboek kan met hierdie waarheid saamstem. Salomo het die stelling gemaak dat daar belangriker dinge is as net om kennis in te samel – naamlik, om God te vrees en Hom te gehoorsaam (verse 13-14).

Hiermee word nie gesê dat opvoeding nie belangrik is nie. Jesus het self ook geleer. Een van die enigste dinge wat ons van Sy kinderjare weet, is dat Hy verstandelik en liggaamlik gegroei het (Luk 1:52). Die Seun van God het Homself in ‘n posisie gewilliglik geplaas waar Hy kennis opgeneem het, wat Hy as ‘n mens benodig het. Opvoeding was deel van die proses.

Die kerk het histories opvoeding en die verbetering van die verstand bevorder. Die Hervormer, Johannes Calvyn, was ‘n sterk voorstander van universele opvoeding deur te glo dat elke kind geoefen moes wees in lees, skrywe, wiskunde en grammatika, sowel as godsdiens. Martin Luther het geglo dat opvoeding belangrik was, “both to understand the Word of Scripture and the nature of the world in which the Word would take root.” Die moderne Sondagskool-beweging het in 1780 begin toe Robert Raikes begin het om arm kinders op te voed, wat andersins deur die samelewing misgekyk was. Die meeste universiteite, insluitende Harvard, Yale, Princeton, Oxford en Cambridge is deur Christene gestig as godsdienstige skole.

In die boek van Spreuke word ‘n seun vermaan om sy pa se instruksies na te kom en die toepassing van die kennis wat verkry is, word wysheid genoem. Die woord “opvoeding” mag dalk nie in die Engelse vorm in die Bybel verskyn nie, maar die Skrif sê baie oor die opvoedingsproses en dit begin met die ouer en kind. Die opdrag aan ouers is om hul kinders in die Here met tug groot te maak (Ef 6:4) en die Griekse woord “paideia” wat as “nurture” vertaal word in die KJV, dra met hom saam die betekenis van opleiding, opvoeding, onderrig en dissipline.

Salomo meen dat die basis van alle ware kennis die “dien” van die Here is (Spreuke 1:7). Die woord “dien” of “vrees” dra die betekenis van dreig of skrikbewind; dit is eerder ontsag en respek vir die heiligheid en majesteit van God en ‘n teensin om Hom teleur te stel of te gehoorsaam. Jesus het gesê dat as ons die waarheid ken, die waarheid ons sal vry maak (Joh 8:32). Om vry te wees van vrees, kom daarvan om opgevoed te wees in die waarheid.

In Rome gebruik die apostel Paulus die woord “ken” of “om te ken” 11 keer. Wat moet ons ken? God se Woord. As ons geestelike kennis benodig en dit toepas in ons lewens, dan dien ons die Here in gees en waarheid (Rom 6:11-13). Teologie word genoem “die koningin van wetenskappe,” want ons kennis van God inspireer elke ander area van belesenheid.

2 Tim 2:15 (KJV) sê, “study to shew thyself approved unto God.” Die Afrikaanse Bybel lees, “Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.” Die Griekse woord “study” beteken “to give diligence, to exert oneself or to make haste to apply oneself.” Dus om onsself op te voed, moet ons onsself daarop toelê om met ywer die Woord van God te bestudeer.

Sommige mense sien opleiding as ‘n geneesmiddel vir al die samelewing se siektes. Tog bestry opvoeding self nie goddeloosheid nie. Die feit bly staan dat kennis, sonder die liefde van God, tot trots lei (1 Kor 8:1). Nikodemus was Israel se leermeester, maar hy het selfs nie die basiese van die geestelike lewe verstaan nie (Joh 3:10). Paulus was hoog opgelei en was in die beste Joodse skool van sy tyd (Hand 22:3) en hy het sy opvoeding gebruik om effektief met mense te kommunikeer vanuit baie kulture (Hand 17:28; Titus 1:12). Tog het Paulus se opleiding hom nie heilig gemaak nie (1 Tim 1:16) en in 2 Tim 3:7 het hy gewaarsku teen hulle wat “altyd iets wil leer, maar tog nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.” Om eenvoudig net feite te ken, maak niemand ‘n beter persoon nie en is dit dan ook moontlik om ‘n hoogs opgeleide dwaas te word.

Opvoeding begin met die realiteit dat God bestaan en die feit dat Hy met ons praat deur die skepping, Sy Woord en Sy Seun. Algaande ons meer van God se skepping leer, verdiep ons begrip van God se wysheid en almag. Soos ons God se Woord bestudeer, word ons meer toegerus vir Sy werk (2 Tim 3:16-17). Soos ons groei in ons kennis van God se Seun (2 Pet 3:18), vermeerder ons liefde vir Hom en ons diens aan Hom verdiep en raak meer intens.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor opvoeding?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries