Vraag
Wat beteken dit dat die Bybel onfeilbaar is? Wat is bybelse onfeilbaarheid?
Antwoord
Die woord “onfeilbaar” beteken “vry van dwaling.” As iets onfeilbaar is, is dit nooit verkeerd nie en dus absoluut betroubaar. Soortgelyk is die woord “foutloos” wat ook vir die Skrif geldig is en dit beteken “vry van foute.” Eenvoudig gestel, die Bybel is foutloos en faal nooit nie.
In 2 Pet 1:19 verklaar die Bybel dat dit foutloos is, “En dit het vir ons die boodskap van die profete nog meer bevestig,” Petrus gaan voort met ‘n beskrywing van hoe die Skrif ontstaan het: “geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig” (2 Pet 1:20-21).
Ook in 2 Tim 3:16-17 sien ons onfeilbaarheid, “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek” en het die effek om dienaars van God te kweek wat “volkome toegerus sal wees vir elke goeie werk.” Die feit dat God die Skrif “geïnspireer (breathed)” het, maak seker dat die Bybel foutloos is, want God kan nie foute uitasem nie. Die feit dat die Bybel God se diensknegte “volkome” toerus vir diens, wys dat dit ons in waarheid lei, nie foutiewelik nie.
Indien God onfeilbaar is, dan sal Sy Woord dit ook wees. Die lering van die Skrif is onfeilbaar en is gebaseer op ‘n verstandhouding van God se volmaakte karakter. God se Woord is volmaak, Ps 19:8, “Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe,” want God Self is volmaak. Teologies gesproke is God in nabye assosiasie met Sy Woord; die Here Jesus word “die Woord” genoem (Joh 1:14).
Dit moet daarop gelet word dat die doktrine van onfeilbaarheid slegs die oorspronklike dokumente raak. Foutiewe vertalings en drukfoute is menslike foute en kan meestal maklik raakgesien word. Wat die Bybelskrywers egter oorspronklik geskryf het, was heeltemal vry van foute of weglating, want die Gees het toesig gehou oor hul taak. God is waarheid en volmaak betroubaar (Joh 14:6; 17:3), en so is Sy Woord ook (Joh 17:17).
Die Bybel praat van volmaakte (in teenstelling met gedeeltelike) perfeksie in Ps 12:7, Ps 19:8, Spreuke 30 en baie ander plekke. Dit is regdeur feitelik en oordeel ons (eerder as omgekeerd), “Die Woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dit dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart” (Hebr 4:12).
Die Bybel is die enigste objektiewe bron van alles wat God ons gegee het oor Homself en Sy plan vir die mensdom. As God se onfeilbare Woord, is die Bybel foutloos, gesaghebbend, betroubaar en genoegsaam om aan ons behoeftes te voldoen.
English
Wat beteken dit dat die Bybel onfeilbaar is? Wat is bybelse onfeilbaarheid?