settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor nagmerries?

Antwoord


Nagmerries is drome wat ‘n sterk negatiewe emosionele respons veroorsaak, soos angs of afgryse. Mense wat aan nagmerries ly, ontwaak gewoonlik in ‘n toestand van uiterste ontnugtering, selfs so erg as ‘n ernstige fisiese reaksie – vinnige polsslae, sweet, naarheid en dikwels is dit nie moontlik om gou weer aan die slaap te raak nie. Die oorsake van nagmerries varieer. Kinders, as gevolg van hul aktiewe verbeelding, is geneig daartoe, sommige só erg dat hulle opstaan en skree en huil. Uiterste insidente van hierdie aard word na verwys as “night terrors.” Die eet van sekere kosse kort voor slaaptyd kan ‘n nagmerrie laat plaasvind en so ook rillers in die filmbedryf. Om bed toe te gaan met stresvolle denke oor lewensomstandighede of na ‘n geveg/argument kan dit ook veroorsaak, omdat die brein se aktiwiteit gedurende slaap voortgaan.

Daar bestaan geen twyfel dat nagmerries uiters hinderlik kan wees nie, maar is daar enige geestelike betekenis aan nagmerries? Drome en visioene word in die Bybel genoem en God het soms ‘n droomtoestand gebruik om met Sy profete en ander te kommunikeer. In Gen 20 het God met Abimeleg gepraat en hom gewaarsku om nie Abraham se vrou, Sara, aan te raak nie. Ander drome sluit Jakob se leër in (Gen 28), Josef se droom dat sy broers hom sal dien, wat gelei het tot sy gevangenskap in Egipte (Gen 37), en ook sy uitleg van Farao se drome (Gen 40-41), wat daartoe gelei het dat hy die tweede magtigste man in Egipte geword het. Die Here of Sy engel het aan ander in die Bybel verskyn, insluitende Salomo (1 Kon 3), Nebukadnesar (Dan 2), Josef (Matt 2), en Pilatus se vrou (Matt 27). Nie een van hierdie drome egter, met die moontlike uitsondering van Pilatus se vrou se droom, kan regtig as ‘n nagmerrie gesien word nie. Dit wil dus voorkom asof God nie gewoonlik met mense deur nagmerries gepraat het nie.

Sommige mense meen dat Satan of demone hul breine infiltreer gedurende nagmerries, maar daar is geen gedeelte in die Bybel om dit direk te bevestig nie. Met die moontlike uitsondering van ‘n droom wat Elifas beweer dat hy gehad het, is daar geen bybelse insidente van demoniese magte wat met mense kommunikeer gedurende drome of nagmerries nie. Dit lyk asof nagmerries niks meer is as die brein se manier is om met ons vrese en bekommernisse te worstel, soos dit aanhou om te funksioneer gedurende slaapritmes nie. Indien ‘n Christen aanhoudend en dikwels nagmerries kry wat slaap onderbreek en emosionele ontwrigting op ‘n gereelde basis veroorsaak, is mediese hulp dalk van pas. Maar, soos in alle dinge, is gebed ons kragtigste wapen teen enige soort van emosionele of geestelike ontwrigting. Om vir vyftien of twintig minute voor slaaptyd te bid, is die mees effektiewe manier om die verstand en hart te kalmeer en voor te berei vir rustige slaap. Soos in alle dinge, gee God wysheid aan hulle wat dit van Hom vra (Jak 1:5), en Hy het belowe om Sy vrede aan almal te gee, wat dit soek. “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Fil 4:6-7).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor nagmerries?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries