settings icon
share icon
Vraag

Hoe weet ek dat die Bybel nie slegs mitologie is nie?

Antwoord


Dat die Bybel se oorsprong by God lê, maak dit nie alleenlik uniek tussen al die boeke nie, dit is uniek tussen al die skatte op aarde. Die Bybel openbaar God se ewigheidsplan vir verlossing van die gevalle menslike ras. Alhoewel miljoene kopieë daarvan regdeur die wêreld versprei is, word die waarheid daarin nog steeds bevraagteken. Is die Bybel ‘n mitologiese boek of is dit die waarheid, die geïnspireerde Woord van God? Hierdie vraag is van die grootste belang vir elke mens, óf hulle dit weet óf nie.

Baie godsdienstige tekste beweer dat dit ‘n goddelike boodskap dra. Die Bybel egter staan alleen daarop dat “God het absoluut geen ruimte gelaat vir twyfel oor óf dit Sy geskrewe Woord is óf nie.” Indien enigeen ‘n eerlike poging onderneem om die feite te ondersoek, sal hy sonder twyfel vind dat God se handtekening regdeur die Woord voorkom. Dieselfde mond wat die skepping tot bestaan gespreek het, het ook vir ons die Bybel gegee.

Anders as mitologie, het die Bybel ‘n historiese raamwerk. Die karakters is regte mense wat op kontroleerbare plekke gewoon het, gedurende historiese gebeure. Die Bybel noem Nebukadnesar, Sanherib, Sirus, Herodus, Feliks, Pilatus en baie ander historiese figure. Dit is historiese sameloop van omstandighede saam met die van baie nasies, insluitende die Egiptiese, Hetitiese, Persiese, Babiloniese en Romeinse Keiserryke. Die gebeure in die Bybel vind plaas in geografiese areas soos Kanaän, Sirië, Egipte, Mesopotamië en ander. Al hierdie sertifiseerbare inligting weerlê die idee dat die Bybel slegs mitologie is.

Teenoor mitologie het die Bybel baie bevestigings in wetenskappe soos biologie, geologie, astronomie en argeologie. Die veld van bybelse argeologie het gedurende die laaste eeu en ‘n half gegroei, waartydens honderde van duisende artifakte ontdek is. Slegs een voorbeeld: op ‘n keer het skeptici die Bybel se verwysings gebruik as “bewys” vir die Hetitiese beskawing, dat die Bybel ‘n mite was. Daar was nooit enige mense soos die Hetiete nie, volgens die wetenskap van daardie tyd nie. In 1876 egter is die eerste van ‘n reeks ontdekkings gemaak en nou is die bestaan van die antieke Hetitiese beskawing gedokumenteer. Argeologie gaan voort om die Bybel se geskiedkundigheid te steun. Dr Henry M Morris het opgemerk, “There exists today not one unquestionable find of archaeology that proves the Bible to be in error at any point.”

Anders as mitologie is die Bybel geskryf soos geskiedenis. Lukas het geskryf dat sy evangelie “onderneem om ‘n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het…….opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was.” Lukas beweer dat hy “alles stap vir stap van voor af” ondersoek “en die verhaal noukeurig in die regte volgorde” neergeskryf het. “So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is” (Luk 1:1-4). Het Lukas wonderwerke in sy weergawe ingesluit? Ja, baie daarvan. Maar dit was wonderwerke wat deur ooggetuies geverifieer was. Twee duisend jaar later kon ‘n skeptikus Lukas se weergawe ‘n mite noem, maar die toets daarvan rus op die skeptici. Die weergawe self is ‘n versigtige ondersoekende historiese dokument.

Anders as mitologie, bevat die Bybel ‘n asemrownde getal van vervulde profesieë. Mites is nie gepla met profesie nie, maar volledig een derde van die Bybel is profesie. Die Bybel bevat meer as 1 800 voorspellings, rakende meer as 700 aparte onderwerpe, gevind in meer as 8 300 verse. Die Ou Testament bevat meer as 300 profesieë slegs aangaande Jesus Christus, baie met verbasende speisfiekheid. Tallose profesieë is reeds vervul en hulle het presies gebeur soos voorspel was. Die wiskundige voorgee van iemand wat hierdie getal voorspellings maak en laat plaasvind, is ligjare bo die terrein van menslike moontlikheid. Hierdie wonderbaarlike profesieë kon slegs bereik word met die bonatuurlike leiding van Hom wat die einde van die begin af kan sien (Jes 46:9-10). Anders as mitologie, het die Bybel tallose aantal lewens getransformeer. Tog laat baie mense ander se sienings toe – wat nooit die Bybel ernstig bestudeer het nie – om hul eie opinies te vorm. Elkeen van ons moet dit vir onsself bestudeer. Probeer dit. Lewe volgens die Bybel se voorskrifte en beleef vir jouself die dinamiese en transformerende krag van hierdie kosbare boek. Pas die lerings toe op vergewensgesindheid en sien hoe dit ‘n gebroke vriendskap kan herstel. Pas die beginsels van rentmeesterskap toe en sien hoe jou finansiële situasie verbeter. Pas die Woord se lering oor geloof toe en voel die kalmerende teenwoordigheid in jou hart, selfs as jy deur ‘n moeilike beproewing in jou lewe gaan. Die Bybel werk! Daar is ‘n rede waarom Christene in verskeie lande oor die wêreld daagliks hulle lewens waag om ander bloot te stel aan die lewe-gewende waarheid van hierdie merkwaardige boek. Uiteindelik, baie mense wat God en Sy geopenbaarde Woord verwerp, doen dit as gevolg van trots. Hulle is so ingestel op hul persoonlike oortuigings dat hulle weier om die getuienis op ‘n eerlike manier te oorweeg. Om die Bybel as die waarheid te aanvaar, sou van hulle vereis om ernstig oor God te dink , asook hulle verantwoordelikheid teenoor Hom. Om die Bybel as waarheid te aanvaar, kan ‘n verandering van leefstyl vra. Soos pastoor Erwin Lutzer gesê het, “The truth is, few people have an open mind, especially about matters of religion. . . .Thus, perverted doctrines and prejudices are easily perpetuated from one generation to another.”

Miljoene sterf jaarliks deur hul ewige siele te verwed dat die Bybel nie waar is nie, deur te hoop dat dit niks anders is as ‘n mitologiese boek nie en dat God nie bestaan nie. Dit is ‘n riskante weddenskap en die speelgeld is baie hoog. Ons moedig elkeen aan om die Bybel met ‘n oop verstand te lees; laat dit tot jou spreek en jy sal vind dat God se Woord die waarheid is (Joh 17:17).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe weet ek dat die Bybel nie slegs mitologie is nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries