Vraag
Hoekom is Bybelmemorisering belangrik?
Antwoord
Bybelmemorisering is van die uiterste belang in die Christelike lewe. Trouens, memorisering is miskien die enkele deurslaggewendste element wat bydra tot geestelike groei en oorwinning oor sonde. Die Woord van God is kragtig, omdat dit letterlik “God-breathed” is vanuit die Heilige Gees (2 Tim 3:16-17), en wanneer ons ons gedagtes met Sy woorde vul, deur Skrif te memoriseer, benut ons die kragtigste wapen wat daar is.
As ons die Woord van God memoriseer, gebeur sekere dinge. Ps 119:11 sê, “Aan U beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U.” Die psalmis het nie slegs die Woord gehoor en gelees nie, maar hy het dit opgeneem en gebêre in sy hart en gedagtes, vir toekomstige gebruik. Die Woord van God is die gelowige se enigste ware kragtige wapen teen sonde en wanneer dit in die hart bewaar word deur memorisering, is dit ‘n sterk invloed tot godvresendheid en regverdige lewenstyl. Hebr 4:12 praat van “Die woord van God is lewend en kragtig,” en beteken dat dit bonatuurlike krag het om ons steeds meer soos Christus te verander, as ons daarop mediteer en daar is geen beter manier om te mediteer, as om die Woord in ons harte en gedagtes te dra nie.
Ef 6:13-17 beskryf die gelowige se wapenrusting vir ons siele en geestelike oorlewing. Al die elemente van die wapenrusting is verdedigend, behalwe een. Die enigste offensiewe wapen is die “swaard van die Gees, dit is die woord van God” (v 17). Netsoos Jesus God se Woord gebruik het om Satan se aanvalle af te weer in Matt 4:1-11, so moet ons by magte wees om dieselfde wapen te gebruik. Die Satan gee ons baie min tyd om ‘n Bybel te gryp en die korrekte gedeeltes te vind, as ons met sy leuens en misleidings gekonfronteer word. Bybelmemorisering help ons om vinnig die gepaste waarhede en beginsels vinnig te herroep en effektiewelik te reageer as die duiwel poog om ons te vernietig (1 Pet 5:8). Romeine 12:1-2 maan ons om ons denke te vernuwe, sodat ons nie langer beïnvloed word deur gedagtes wat ons gelykstel met die wêreld nie. Die enigste manier om ons denke te vernuwe, is om dit met die Skrif te vul.
Om memorisering van die Skrif te doen, is die voorreg en verantwoordelikheid van elke Christen. Daar is verskeie uitstaande Skrif-memoriseringstelsels beskikbaar. Selfs sonder ‘n spesifieke gepubliseerde metode, kan enigeen begin met die sleutelverse van die Christeike geloof – soos Joh 3:16 en Ef 2:8-9 – en so kan ons aangaan om vers op vers in ons denke in te bou. Die sleutel is om gedurig die verse te hersien, voordat nuwes aangeleer word. Watter metode ookal, die voordele daarvan is oorwinning oor sonde, versterkte geloof en blydskap in die Christelike lewe.
English
Hoekom is Bybelmemorisering belangrik?