settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel aangaande kanker?

Antwoord


Die Bybel sê niks spesifieks oor die siekte “kanker” nie. Dit beteken egter nie dat dit nie die kwessie van siekte aanspreek nie. Koning Hiskia was siek weens ‘n “sweer” (2 Kon 20:6-8), wat moontlik kanker onder ‘n ander naam kon wees. Dus, alhoewel die woord “kanker” nie in die Skrif voorkom nie, is daar kondisies beskryf wat net sowel kanker kon wees. Toe Jesus op aarde was, het Hy al die siektes genees van mense wat na Hom toe gebring is (dit sou tog kanker ingesluit het), as ‘n teken aan die Jode dat Hy die Messias was. Kanker egter, soos alle siektes, is die gevolg/vloek van sonde op aarde. In Gen 3:17 lees ons, “is die aarde deur jou toedoen vervloek.” Die aarde is vervloek as gevolg van sonde en alle mense sterf – ons word almal stof – en die metode van die dood kan deur siekte wees, wat ‘n natuurlike uitkoms van die vloek op aarde is. Siektes is nie straf nie. Hulle is ‘n resultaat van lewe in ‘n gevalle wêreld en gelowiges en ongelowiges ontwikkel almal kanker en ander siektes wat tot die dood lei. Ons moet dit onthou, dat in die lewe van die gelowige, God alles ten goede laat meewerk (Rom 8:28); “alles” insluitende kanker.

Die wonderlike ding is, dat, alhoewel, selfs in hierdie lewe op die vervloekte aarde, ons onderhewig is aan siektes soos kanker, maar ons het wel hoop. Ps 103 het ‘n wonderlike gedeelte wat ons vaste versekering gee dat daar ‘n einde aan die siektes van hierdie aarde sal wees. Ps 103:1-4 sê, “Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek Sy heilige Naam loof. Ek wil die Here loof en nie een van Sy weldade vergeet nie. Dit is hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon.”

Beteken hierdie verse dat ons van God waarborg ontvang het dat Hy ons van kanker en ander siekte sal genees in hierdie lewe? Nee, dis nie wat dit beteken nie. Eerder dat dieselfde God wat ons sondes vergewe, ons eendag by ‘n plek sal bring wat Hy vir ons voorberei het (Matt 25:34). Sy verlossing beskerm ons teen verderf en dan sal daar nie meer vervloeking en nie meer siekte en dood wees nie en ons sal vir ewig met Sy goedheid en genade bekroon wees. Die finale oorwinning oor die vloek van sonde is alreeds ons s’n, in Christus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel aangaande kanker?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries