settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel in verband met kanalisering?

Antwoord


Die Bybel is eksplisiet en duidelik in die hantering van kanalisering en om kontak met die dooies te maak. Die Skrif het ‘n goeie gedokumenteerde siening oor die praktyk van mediums, kanalisering en fortuinvertellery. Lev 19:31 sê, “Moenie hulp soek by geeste of waarsêers nie. Dit sal julle onrein maak. Ek is die Here julle God.” Lev 20:6 sê, “Enigiemand wat aan My ontrou is deur hulp te soek by geeste of waarsêers, teen hom sal ek optree: Ek sal hom van sy volksgenote afsny.” Deut 18:12 sê dat om mediums te konsulteer of die dooies te kanaliseer, is “verfoeilik.” Dis duidelik dat God hierdie praktyke sien as sondig en heeltemal sonder voordeel.

Saul, ‘n magtige koning van Israel, het uieindelik die einde van sy tragiese verval weg van God af bereik, toe hy homself in kanalisering bevind het. Hy het gekies om antwoorde by ‘n medium te gaan soek, toe God hom nie van die antwoorde wat hy gesoek het, voorsien het nie. In 1 Sam 28:6-20, vra Saul ‘n dodebesweerster om die gees van die profeet Samuel op te roep. Sy ernstige fout word later in 1 Kronieke 10:13-14 genoem, wat klem daarop plaas dat Saul se betrokkenheid verkeerd was: “Saul is dood oor die troubreuk wat hy teenoor die Here begaan het, deurdat hy aan die bevel van die Here ongehoorsaam was en ook deurdat hy raad gevra het by ‘n gees, in plaas van die Here te raadpleeg…”

As Christene moet ons God se antwoorde op ons vrae soek. Om te bid vir enige ander wese of om “te kanaliseer,” is afgodery. Om vir enige dooie persoon te bid, insluitende die apostels, Maria, ens. is nie baie verskillend van ‘n séance of “sitting,” om sodoende vir’n gestorwe naasbestaande hulp te vra nie. Die meeste sogenaamde mediums is eintlik bedrieëry deur geheuetruuks, geplante medepligtiges en spesiale effekte wat gebruik word om mense te mislei. Diegene wat nie bedrieërs is nie, werk saam met gevaarlike geestelike wesens. Satan se trawante is bedrewe, behulpsame geeste wat mense, wat hulself oopmaak deur middel van kanalisering, op ‘n maklike wyse verwar en omkoop.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel in verband met kanalisering?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries